Die 487 mynwerkers wat ondergronds vasgekeer was na ʼn brand by Harmony se Kusasalethu-goudmyn in Carletonville in die weste van Gauteng, is na die oppervlak gebring.
Lees meerAlles vir Sondag 22 Februarie 2015
Honderde mynwerkers ondergronds vasgekeer na brand
ʼn Reddingsoperasie is onderweg om 486 myners, wat ondergronds vasgekeer is weens ʼn brand by die Kusasalethu-goudmyn naby Carletonville, na die oppervlak te bring.
Twee seuns sterf toe weerlig hulle tref
Twee kinders is dood en drie kinders kritiek beseer toe ʼn weerligstraal hulle in Mthonjaneni in KwaZulu-Natal getref het.
‘Verkragters’ in kamer toegesluit
Twee mans is in Diepsloot in die noorde van Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.
Anni Dewani: Ondersoek uitgestel
ʼn Vergadering om te bepaal of ʼn geregtelike doodsondersoek na Anni Dewani se dood weer oopgemaak sal word, is vir nog ʼn maand lank uitgestel, het die Sunday Independent berig.
Video: Só eet mens met eetstokkies
Is jy een van die persone wat sukkel om met eetstokkies te eet? Dan is hierdie video net vir jou!
Reserwebank beboet Deutsche Bank met R10 miljoen
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het die Deutsche Bank se tak in Johannesburg met R10 miljoen beboet vir onbehoorlike kontrolestelsels teen geldwassery en finansiering vir terrorisme, het die City Press Sondag berig.
Mosambiek-staatsamptenaar dood aangetref in Durban-hotel
ʼn Beampte van die Mosambiekse regering is dood aangetref in ʼn hotel in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Sondag gesê.
Gauteng onnie vas oor dwelmmiddels
ʼn Laerskoolonderwyser en vyf Nigeriërs is in Brakpan in Gauteng in hegtenis geneem in verband met die besit van dwelmmiddels.
Centurion-tiener veilig tuis
Chantel Zangwa (14) van Centurion wat Saterdag by die Centurion-winkelsentrum verdwyn het, is veilig gevind.
Foto’s: Groot brand by historiese US-gebou
ʼn Groot brand het Sondag by die Van der Sterr-gebou by die Universiteit Stellenbosch in die Wes-Kaap uitgebreek.
R37 miljoen-inspuiting vir kankernavorsing
Drie universiteite sal R37 miljoen ontvang vir navorsing om kanker te beveg, het die Sunday Times berig.
Zuma ontken dat sy vrou hom wou vergiftig
Pres. Jacob Zuma se kantoor het ʼn berig in die Sunday Times as skindernuus afgemaak dat sy vrou Nompumelelo Ntuli-Zuma hom wou vergiftig.
Drie vrygelaat na Mpuma-transitorooftog
Drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn transitorooftog in Ogies, Mpumalanga, is vrygelaat.
Vrou van Krugersdorp word vermis
Celeste Pienaar (32) van Krugersdorp in Gauteng word sedert 12 Februarie 2015 vermis.
Foto’s: Weermagdag in Potchefstroom
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Saterdag Weermagdag in Potchefstroom, Noordwes gevier.
Weermag ‘gereed’ om in Afrika te help, sê Zuma
ʼn Bataljon van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) word voorberei om deur die Afrika-Unie ontplooi te word indien nodig, het pres. Jacob Zuma Saterdag tydens Weermagdag in Potchefstroom, Noordwes gesê.
Tiener verdwyn by Centurion-winkelsentrum
Chantel Zangwa (14) het Saterdag by die bekende Centurion Mall in Pretoria verdwyn toe sy gaan fliek het.
Die grond treur
Dr. Dirk Hermann oor die boek, Treurgrond en die rolprent wat in Mei in teaters begin wys.
Gedagte vir die dag: ‘n Wenk van die Master Chef
“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.” (Matt 5:13)