ʼn Instandhoudingspan van die stad Kaapstad het ʼn grassnyer in ʼn mangat in Goodwood gevind.
Lees meerAlles vir Maandag 23 Februarie 2015
Mpuma-inwoners lank sonder water
Inwoners van Kriel in Mpumalanga gaan van Maandag tot 9 Maart sonder water moet klaarkom weens ʼn treinspoor wat vir die Majuba-kragstasie aangelê word.
Besige naweek vir Kaapstad-reddingshelikopter
Vyf persone moes die afgelope naweek met ʼn helikopter van berge in die Wes-Kaap gered word, het Air Mercy-reddingsdienste gesê.
Finansiële verligting kom glo vir Gauteng-motoriste
David Makhura, premier van Gauteng, het Maandag tydens sy provinsiale rede “groot finansiële verligting” vir motoriste beloof.
Rea Vaya-busdiens brei uit
Die stad Johannesburg gaan die bestaande Rea Vaya-busdiens uitbrei, het David Makhura, premier van Gauteng, Maandag gesê.
Centurion-tiener kritiek beseer toe motorfiets haar tref
ʼn 14-jarige skolier van Centurion in Gauteng is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn motorfietsryer haar getref het.
Harmony, reddingspan geloof vir flink en dapper optrede
Die vakbond Solidariteit het Maandag die bestuur van Harmony se Kusasalethu-goudmyn in Carletonville en die reddingspan van Mines Rescue Services geloof vir hul flink en dapper optrede nadat 487 mynwerkers Sondagoggend weens ʼn brand ondergronds vasgekeer was.
Bloem-man pleeg glo selfmoord ná rusie
ʼn Middeljarige man van Bloemfontein het glo Sondagaand selfmoord gepleeg nadat hy en sy meisie baklei het.
‘Shaik se paroolaansoek moet afgekeur word’
Die Vryheidsfront Plus en die DA het die minister van justisie en korrektiewe dienste versoek om die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik se aansoek om gewone parool af te keur. Maroela Media het Vrydag onthul dat Shaik aansoek gedoen het om sy mediese parool na gewone parool om te skakel.
Vrou se halfnaakte lyk in Centurion gevind
Die liggaam van ʼn halfnaakte vrou is in die veld langs die R55 naby Olievenhoutbosch in Centurion opgespoor.
Gebruik beheerliggaamverkiesing om verskil te maak, sê Fedsas
Die beheerliggaamverkiesing stel ouers in staat om ’n sê te hê in wie op die liggaam moet dien wat ingrypende besluite oor hul kinders se opvoeding neem.
Dis nie so maklik om af te rig nie
Dis baie maklik om ‘n probleem te identifiseer, maar dis nie so maklik om een behoorlik op te los nie.
Nuwe vrystellings: 23 Februarie 2015
Karlien van Jaarsveld, Amor Vittone en Johan C. Venter is van die sangers wat hierdie week ‘n nuwe vrystelling het wat binnekort op speel- en trefferlyste gevoeg sal word.
EFF ontwrig Gautengse provinsiale rede
Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Maandag David Makhura, Gautengse premier, se provinsiale rede ontwrig.
Slagoffers en verdagte in dieselfde hospitaal na panga-aanval
Twee verdagtes het Maandag in die Ladybrand-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat hulle glo Saterdagaand ʼn paartjie met ʼn panga aangeval en beroof het.
Vyf vas wat meisies glo as seksslawe aanhou
Vyf mans is in Kutlwanong, naby Odendaalsrus in die Vrystaat, in hegtenis geneem nadat hulle glo twee meisies ontvoer en as seksslawe aangehou het.
Afrikaans 90: Afrikaans reeds 90 jaar lank ‘n amptelike taal
Vanjaar 90 jaar gelede het Afrikaans een van die amptelike tale van Suid-Afrika geword. Prof. Jaap Steyn skets die agtergrond.
Twee Britse oud-ministers beland in media-lokval
Twee voormalige Britse ministers van buitelandse sake het glo aan ‘n fiktiewe maatskappy aangebied om hul invloed te gebruik om die maatskappy te help – teen ‘n fooitjie (of wat).
Bedrywighede by goudmyn opgeskort ná brand
Bedrywighede by Harmony Gold se Kusasalethu-goudmyn in Carletonville in die weste van Gauteng is opgeskort nadat ʼn brand Sondagoggend ondergrond daar uitgebreek het.
Oom Herrie se kerrie: Nou kan hy skop
Klein Willem Venter is as’t ware met die rugbybal onder die arm gebore. Sy rugbybal was van kleins af sy min of meer permanente metgesel.