Ken jy die woord “siks” in Afrikaans? Dit beteken om iets te gee of iemand kan selfs “laat siks” as hy inderhaas iewers wil padgee. Lees vandag se Taaltoffie vir meer oor dié woord.
Alles vir Maandag 23 Februarie 2015
Gesin sterf in Lenasia-botsing
ʼn Man, vrou en ʼn seun is Maandagoggend in ʼn botsing in Lenasia, Gauteng, dood.
Maroela Media Top 20: 23 Februarie 2015
Hierdie week op Maroela Media se Top 20: Anders behou die eerste plek met ‘Knysna’ en Jack Parow en Janie Bay styg na die tweede plek met ‘Veilig’.
SA man sterf in Fidji
Langdon Owen is dood nadat hy glo giftige gasse ingeasem het terwyl hy besig was om ʼn boot te verf in Lami, Fidji.
Verbod op Durbanse grafstene opgehef
ʼn Verbod wat roubeklaers beperk het op dit wat op hul geliefdes se grafte in Durban geplaas mag word, is opgehef, het The Witness Maandag berig.
Nuuskommentaar: Fopspeen vir Afrikaner?
Dis moeiliker om te bepaal wanneer mense met minder edel motiewe die Afrikaner met mooi woorde oor die grondwet ’n fopspeen in die mond probeer druk, skryf Herman Toerien.
Goeie nuus: Triomf-kliniek gaan van krag tot krag
Sedert die Triomf-kliniek byna sewe maande gelede sy deure geopen het, het die lys van dienste wat hier gratis aan pasiënte in die Danville-omgewing in die weste van Pretoria aangebied word, goed uitgebrei.
Louca in hospitaal vir TB
George Louca van Ciprus, wat verdink word aan die moord op Teazers-baas Lolly Jackson, is in ʼn hospitaal opgeneem vir tuberkulose (TB).
Video: Nuwe kabels vir Internasionale Ruimtestasie gelê
Twee bemanningslede van die Internasionale Ruimtestasie het reeds ver gevorder met die lê van nuwe kabels aan die buitekant van die tuig.
Suidkus-ongeluk eis 1
ʼn Vrou is dood nadat die voertuig waarin sy gery het Sondagaand op die N2-snelweg naby Umgababa in KwaZulu-Natal gerol het.
Man kry 80 jaar tronkstraf vir veediefstal
Die Mokopane-streekshof het Tinus Groenewald (37) tot 80 jaar tronkstraf gevonnis vir veediefstal, het Beeld Maandag berig.
Boek: Matriks
Die digter se poging tot lewe-deur-poësie, tot skrywende sinmaak uit wat tans gebeur en gebeur het en die ewige wordingsproses van ‘n skrywerslewe kom in hierdie ryk bundel aan bod, met al die elemente wat aanhangers van ‘n Hambidge-bundel verwag.
‘Birdman’ en ‘Grand Budapest Hotel’ ryg die Oscars in
Die wenners van die 2015 Oscar-toekennings (Academy Awards) is vanoggend by die Dolby Theatre in Hollywood, Kalifornië aangekondig en dit is geen verrassing nie dat die unieke rolprent Birdman met vier Oscars weggestap het.
Motorfietsryer sterf in botsing met trok
ʼn 38-jarige man is dood nadat hy met sy motorfiets teen ʼn vragmotor gebots het in Durban, KwaZulu-Natal.
Zayn Adam oorlede
Die Kaapse musieklegende Zayn Adam is in die ouderdom van 67 oorlede.
‘Dronkbestuurder’ vas na hy glo uit polisiesel ontsnap
Die Johannesburgse metropolisie het die naweek 261 mense vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
17 in hof vir Kraaifontein-moorde
Sewentien mense sal vandeesweek in die Blue Downs-landdroshof verskyn in verband met die moord op ses mans van Kraaifontein in Kaapstad.
Kasrils eis baie oor Zuma-verkragtingbewering
Ronnie Kasrils, voormalige minister van intelligensie, dagvaar Kebby Maphatsoe, adjunkminister van verdediging, vir naamskending nadat laasgenoemde hom glo daarvan beskuldig het dat hy agter pres. Jacob Zuma se verkragtingsaak sit, het City Press berig.
TUT-klasse hervat
Klasse by alle kampusse van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) sal Maandag hervat ná betogings die bestuur genoop het om bedrywighede op te skort.
Regering spandeer meer as R30 miljard op konsultante
Nasionale en provinsiale regeringsdepartemente het die afgelope finansiële jaar meer as R30 miljard op konsultante en die uitkontraktering van werk spandeer, het City Press berig.