Ken jy die uitdrukking “iemand het haasvleis geëet”? Weet jy wanneer dit gebruik word? Lees vandag se Taaltoffie waar dié interessante uitdrukking vandaan kom.
Alles vir Dinsdag 24 Februarie 2015
The Spy Cables: SSA in spioenasieverslag genoem
Die Suid-Afrikaanse Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het na bewering op Iran gespioeneer, het die internasionale nuusagentskap Al-Jazeera op hul webwerf berig.
Goeie nuus: Ondanks sukses werk hy steeds in haar tuin
Joubert Shale (44) het sowat 19 jaar gelede van deur tot deur geloop op soek na stukwerk. ʼn Barmhartige Samaritaan het aangebied dat hy een keer per week in haar tuin kan werk… ’n geleentheid wat sy lewe vir altyd verander het.
Aardbewing in Spanje laat Madrid skarrel
Werkers in die Spaanse hoofstad, Madrid, het verskrik uit geboue gestroom toe ’n aardbewing van 5 op die Momentmagnitudeskaal sowat 175 kilometer suidoos daarvandaan voorgekom het.
Nuuskommentaar: Begroting ʼn Tekleinding vir politieke kombers?
Gaan minister Nene in sy vuurdoop – die moeilikste begroting sedert 1994 – soos sy voorgangers daarin slaag om die spreekwoordelike haas uit die hoed te pluk, of het die ANC se kwaal van onbekostigbare beloftes te midde van onnodige uitgawes hom ingehaal?
TUT en studenteraad onderteken ooreenkoms
Die bestuur van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en die Verteenwoordigende Studenteraad het Maandag ʼn formele ooreenkoms onderteken om ʼn einde te bring aan die onluste by sy kampusse weens studentefinansiering.
Video: Hartbeespoort-massapatrollie voer skrikbewind teen misdadigers
Die burgerregte-organisasie AfriForum het honderde inwoners in die Hartbeespoort-omgewing gemobiliseer om deel te neem aan ‘n massa-patrollie teen misdaad. Dit kom nadat minstens vier mense hier in afsonderlike voorvalle in Desember en Januarie vermoor is.
Tienermeisie in PMB vermoor
ʼn 16-jarige meisie is Maandagmiddag in Woodlands, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.
Man weer in hof na hy glo baba as wapen gebruik
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn baba as ʼn wapen gebruik het om sy vriendin mee aan te val, sal na verwagting Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Drie renosters in Oos-Kaap gestroop
Die karkasse van drie witrenosters is Maandag in ʼn private wildreservaat naby Oos-Londen in die Oos-Kaap gevind.
Polisiebeamptes tydens kaping geskiet
Twee polisiebeamptes en ʼn patrolliehond is gewond tydens ʼn skietery in KwaZulu-Natal.
Boek: Takelwerk
Die bundel sluit verse in oor die digkuns en digterlike aktiwiteite. Die leser ervaar die wêreld van die digter deur sy oë en ore, sy sintuie, maar ook deur sy taal.
Gedagte vir die dag: Moenie die evangelie vlak kyk nie
“Hoe is die koninkryk van God? Waarmee kan Ek dit vergelyk? Dit is soos ’n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy tuin geplant het. Dit het gegroei en ’n boom geword, en die voëls het in sy takke kom nes maak.” (Luk 13:18-19)