Uitspraak sal na verwagting Vrydag in die Vereeniging streekshof gelewer word in die hofsaak van Alex de Koker en Michael Erasmus na die afsterwe van ʼn 15-jarige seun. Foto’s van die beskuldigdes volg onderaan die berig.
Alles vir die maand Februarie 2015
Gedagte vir die dag: Snoei bring ’n oes
Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. Elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. (Joh 15:2-3)
Video: Bruidegom se spesiale boodskap aan bruid se dogtertjie
ʼn Bruidegom van Idaho in die VSA het trougangers in trane gehad toe hy na sy huweliksbeloftes aan sy bruid op sy knieë gegaan het en ook ʼn paar beloftes aan haar driejarige dogtertjie gemaak het.
12 Safta-nominasies vir Deon Opperman se ‘Donkerland’
Die uitblinkers in die Suid-Afrikaanse film- en televisiebedryf word jaarliks met ʼn Suid-Afrikaanse film- en televisietoekenning (Safta) bekroon en die Afrikaanse televisiedrama Donkerland het 12 benoemings ontvang.
Seun se verminkte liggaam gevind
ʼn Agtjarige seun se verminkte liggaam is agter ʼn moskee naby die Itireleng-informele nedersetting in Laudium gevind, het die polisie Donderdag gesê.
SA fnuik glo terreuraanval
Suid-Afrikaanse owerhede het ʼn terreuraanval gefnuik wat glo in 2010 in die land uitgevoer sou word, volgens intelligensieverslae wat deur die internasionale nuusagentskap Al Jazeera uitgelek is.
Vrou vas oor baba in sak
ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn pasgebore baba in ʼn plastieksak naby ʼn hoërskool in Kagiso aan die Wes-Rand gevind is.
Tienerseun gevonnis vir Limpopo-plaasmoord
ʼn 17-jarige seun is Donderdag in die Mokopane-streekshof gevonnis vir die moorde op Will en Anje Kiesling tydens ʼn plaasaanval in Limpopo in Maart verlede jaar.
Onnie klap glo kinders wat nie wil baklei
ʼn Onderwyser van ʼn hoërskool in Pinetown in KwaZulu-Natal gaan dissiplinêr aangekla word nadat hy glo twee leerlinge aangemoedig het om te baklei.
PMB-dubbelmoord: Name van bejaardes bekend
Die name van die bejaarde egpaar wie se liggame Donderdagoggend in hul gebrande huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal aangetref is, is bekend gemaak.
Egpaar aangeval op plaas in Vrystaat
Ronald Nel (66) en sy vrou Ciska is vroeg Donderdagoggend op hul plaas in Virginia in die Vrystaat aangeval.
IS toon tekens van onmin
Terwyl Westerse lande met die hande in die hare sit oor hul burgers wat wegglip en by die Islamitiese Staat (IS) aansluit, doen die IS groot moeite om te keer dat ontnugterdes weer kan terugkeer.
Bloem-vrou, kind tydens kaping ontvoer
ʼn Vrou van Bloemfontein en haar vierjarige seun is Woensdagaand tydens ʼn kaping voor hul huis ontvoer.
Kamma-metropolisielede aangekeer
Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself glo as Johannesburgse metropolisiebeamptes voorgedoen het.
Jong man in Thabazimbi vermoor
Jack Steyn (21) is Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis in Thabazimbi in Limpopo vermoor.
Resep: Melktert
Vier Nasionale Melktertdag met hierdie lekker resep van Willie Strauss, die aanbieder van ASTV se kosprogram, Kos is oppie tafel.
Seun (4) val na sy dood
ʼn Vierjarige seun is dood nadat hy van ʼn woonstelblok in Durban, KwaZulu-Natal geval het.
Taalgebruik: inteendeel
Taalgebruikers struikel soms oor die gebruik van “inteendeel” terwyl hulle eintlik “trouens” bedoel. Lees gerus vandag se Taaltoffie om seker te maak jy trap nie klei nie.
Twee geskiet ná gemeenskappe bots
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo twee mense tydens ʼn konfrontasie tussen die Indiër gemeenskap van Lenasia en inwoners van Thembelihle in Johannesburg geskiet het.
Malawiër gevonnis na gastehuis-moorde
ʼn Malawiër is in die hooggeregshof in Harrismith gevonnis vir die moord op Brian Pope (62) en sy vrou Tillie (47) wat koelbloedig doodgeskiet is by ʼn gastehuis in dié Vrystaatse dorp.