“Die ANC-regering het nog nooit sy hegte bande met die Kubaanse bewind probeer verdoesel nie, maar dit lyk of dit nou behoorlik momentum begin kry. Is dit nie ’n vorm van mensehandel wat plaasvind nie?” vra Herman Toerien.
Alles vir die maand Februarie 2015
OB kry reddingsboei
Die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) is van insolvensie gered deur ʼn reddingsboei van R60 miljoen in die begroting, het Beeld Donderdag berig.
PMB-bejaardes vermoor voor huis aan die brand gesteek is
Die polisie ondersoek ʼn dubbelmoord nadat die liggame van ʼn bejaarde egpaar Donderdag in hul gebrande huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal aangetref is.
Veels geluk, Afrikaans!
Afrikaans is vanjaar 90 jaar jonk en Maroela Media gaan seker maak dat ons die hele jaar lank fees vier!
Beurtkrag Donderdag toegepas
Eskom het aangekondig dat hy Donderdag fase 2-beurtkrag sal toepas.
PMB-bejaardes sterf in huisbrand
ʼn Bejaarde egpaar het Donderdag in die vroeë oggendure in hul huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgebrand.
Resensie: Leeu van jou hart – Ricky Faber
Ricky Faber se nuutste album, Leeu van my hart, is ‘n bewys dat hy as kunstenaar gegroei het.
Luister: Kinders se ingesteldheid teenoor wiskunde bepaal hulle sukses
Hoekom sukkel so baie kinders met wiskunde, en hoekom is jou kind se ingesteldheid teenoor die vak so belangrik?
Ondersoek begin na uitgelekte intelligensieverslae
David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het Woensdag aangekondig dat daar ʼn ondersoek aan die gang is na die geheime veiligheidsdokumente wat deur die internasionale nuusagentskap Al Jazeera uitgelek is.
LUR veroordeel moord op KZN-boer
Wilies Mchunu, KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die wrede moord op Terrence “Terry” Rizzato, ʼn 62-jarige boer van Hluhluwe, ten sterkste veroordeel.
Nkandla-besonderhede kan Zuma in gevaar stel
Die bekendmaking van inligting oor die veiligheidsstrukture by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning kan hom in gevaar stel, volgens hofdokumente wat by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien is.
Gedagte vir die dag: Die laaste sê
Ek is nie alleen nie, omdat die Vader by My is. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (Joh 16:32-33)
SA kan maklik aan Saru se beleidstuk oor kleur voldoen
Heyneke Meyer hoef nie wakker te lê oor Saru se beleidstuk wat “nie kwotagedrewe” is nie – daar is genoeg spelers van kleur en etniese swartes om van te kies vir die Rugbykampioenskap.
Video: Gordel jou kinders behoorlik vas
Kinders se kans om op Suid-Afrika se paaie te sterf, is volgens statistieke twintig keer hoër as die van hulle eweknieë in Europa. Tog is daar steeds talle ouers wat nié hulle kinders vasgespe nie.
Kaapstad-man het medikasie onwettig weggegooi
Die man het duisende tablette in Philippi in Kaapstad gestort, het die stad Woensdag gesê.
Reaksie op begroting 2015
Talle organisasies en politieke partye het Woensdag hul mening uitgespreek oor minister Nhlanhla Nene se begrotingstoespraak vir 2015/2016.
Verkeerspolisie op soek na spoedvraat TV-ster
Die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat is op soek na ʼn voormalige Generations-akteur nadat hy Woensdag teen 153 km/h op die N2 naby Ballito, noord van Durban, gery het.
11-jarige verdrink in Klerksdorp
ʼn 11-jarige seun het Woensdagmiddag in Klerksdorp in Noordwes verdrink.
Chapmanspiekrylaan voortaan Woensdae gesluit
Die bekende Chapmanspiekrylaan in Kaapstad sal vir die volgende vier weke elke Woensdag gesluit wees, het die departement van vervoer Woensdag gesê.
Video: Transformasieteikens in rugby; sanksies teen Saskok versoek
Teen 2019 moet alle rugbyspanne 50 persent swart spelers bevat, waarvan 60 persent etniese swart spelers moet wees.