Lt.kol. Mike Barkhuizen het die oomblik toe hy Zephany Nurse sien, geweet sy is die baba wat in 1997 ontvoer is, het Beeld Donderdag berig.
Lees meerAlles vir Donderdag 5 Maart 2015
Man terug tronk toe ná hy op parool verkrag
ʼn Verkragter van Mpumalanga wat in 2012 op parool vrygelaat is, is weer tronk toe gestuur nadat hy skuldig gepleit het op aanklag dat hy twee vroue verkrag het in die eerste ses maande nadat hy vrygelaat is.
Vrou steel glo baba by winkelsentrum
Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn vrou wat glo ʼn een maand oue baba van sy ouma gesteel het by ʼn winkelsentrum in Polokwane.
Vier sterf in Vrystaat-botsing
Vier mense is Donderdagmiddag dood en sewe beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibus en ʼn bakkie op die R30 naby Bultfontein in die Vrystaat.
Pastoor geskors wat seun glo molesteer
Die Volle Evangelie Kerk van God het bevestig dat die pastoor wat daarvan beskuldig word dat hy ’n negejarige seun verkrag en gemolesteer het, tydelik geskors is.
Pukke se geskorste SR-voorsitter heraangestel
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het bekend gemaak dat prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, Monica van Schalkwyk heraangestel het in haar posisie as adjunkvoorsitter van die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR).
Nóg ʼn bomdreigement in Gauteng
Die Absa-bank in Van der Hoffweg in die weste van Pretoria moes Donderdag ontruim word nadat ʼn bomdreigement ontvang is.
Driejarige deur krokodil in Zimbabwe gegryp
ʼn Driejarige meisie van Zimbabwe is die derde persoon in haar familie om deur ʼn krokodil doodgemaak te word, het die Southern Eye Donderdag berig.
Foto’s: Op reis saam met Horse Chestnut
Marianne vertel van haar obsessie met ‘n legendariese resiesperd – en hoe sy die wêreld te sien gekry het danksy hom.
Vriendelikheid alleen gaan Afrikaans nie red nie
Daarom, om Afrikaans se voortbestaan te verseker is goeie verhoudings, deurdagte redenasies en oop kommunikasie belangrike voorwaardes, maar nie voldoende nie, skryf Flip Buys.
Babalykie in asblik gevind
Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Donderdag in ʼn asblik in Bloemfontein ontdek.
Goeie nuus: Ses kamma-polisiemanne in Johannesburg in hegtenis geneem
Ses mans is Woensdagaand in Langlaagte in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen het.
‘Ma’ Vrydag in hof vir ontvoering 17 jaar gelede
Die oomblik toe lt.kol. Mike Barkhuizen vir Zephany Nurse sien, het hy geweet dit is die baba wat in 1997 ontvoer is, het Beeld Donderdag berig.
Verbruikers boos oor SAL-glips vir retoerkaartjie
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het talle verbruikers behoorlik warm onder die kraag nadat die lugredery ’n besigheidsklas-retoerkaartjie na Aboe Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate vir $72 (R850) geadverteer het.
Video: Leeuwyfie maak die kardeur oop
ʼn Video van ʼn leeuwyfie wat ʼn motordeur oopmaak, word wyd op sosiale media versprei.
Goeie nuus: Oos-Rand-polisie vang vier kapers
Die Ekurhuleni-metropolisie het Donderdag gesê vier vermeende kapers is in Tembisa aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.
Taalgebruik: gesag of ontsag?
Talle gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die verskil tussen “gesag” en “ontsag”. Taaltoffie verskaf vir jou meer duidelikheid.
‘God sal my moet help,’ sê pa ná moord op seun
“God sal my moet help om die seer, bitterheid en haat te verwerk, want negatiewe gevoelens hoort nie by ʼn kind van God nie.” Só het Jury Hayes gesê nadat sy seun, Jury Hayes jr., Maandag koelbloedig by sy onderdelewinkel in Pretoria-Wes doodgeskiet is.
Muizenberg-brand tans onder beheer
Kaapstad se rampbestuurseenheid het Donderdag gesê die Muizenberg-brand wat oor die naweek uitgebreek het, is tans onder beheer.
Afrikaans 90: Ek leef in Afrikaans
Iets gebeur in my binneste as ek langs ’n bosveldvuurtjie met ’n lekker koppie boeretroos jagstories sit en uitruil… skryf Retief Burger.