ʼn Jong paartjie van Parys, Vrystaat, wat bykans twee weke vermis was, is weer veilig terug by hul onderskeie ouerhuise nadat hulle Woensdag in Durban opgespoor is.
Alles vir Donderdag 5 Maart 2015
Twee oud-Kovsies eis R1 miljoen van rektor
Cobus Muller en Charl Blom, oudstudente van die Universiteit van die Vrystaat (UV), eis skadevergoeding van R1 miljoen van prof. Jonathan Jansen, rektor van die UV, en die universiteit.
Kaapse hoërskool ontruim oor brand
ʼn Hoërskool in Rondebosch, Kaapstad, is ontruim nadat ’n gebou naby die skool aan die brand geslaan het.
Meisies glo by inisiasieskool aangerand, verkrag
Die Nelspruit-sitting van die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag gehoor dat 21 meisies, tussen nege en 17 jaar oud, herhaaldelik verkrag en mishandel is by ʼn inisiasieskool in Mpumalanga.
Nuuskommentaar: Is die Afrikaner in 1994 ook bevry?
Die Afrikaner het saam met ’n wavrag “strafmaatreëls” inderdaad ook in die nuwe bedeling nuwe regte en vryhede gekry, maar daar is ’n poging – ook vanuit eie geledere – om daardie regte en vryhede deur skuldgevoelens te onderdruk, skryf Herman Toerien.
Resep: Klapperkoekies
Hier is ‘n resep vir heerlike vinnige klapperkoekies.
Man slaan dood neer toe polisie hom jaag
ʼn Vermeende dwelmsmous het Woensdagaand dood neergeslaan in die Northgate Mall nadat metropolisiebeamptes hom agternagesit het.
Resensie: Bring die liefde terug – Gerrie Pretorius
Daantjie meen die titelsnit van Gerrie Pretorius gee ‘n mens hoop dat Gerrie weer binnekort splinternuwe musiek sal vrystel, en ‘n mens hoop dat dit gou sal gebeur.
Baba as wapen: Verdagte laat vaar borgtogaansoek
Alexander Forba, die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn babadogtertjie as wapen gebruik het om sy vriendin mee aan te val, het Woensdag sy borgtogaansoek in die Pretoria-landdroshof laat vaar.
Boek: Stukke teater
Hierdie bundel bevat vyf van Pieter-Dirk Uys se Afrikaanse dramas wat by verskyning aandag getrek het oor Uys se satiriese uitbeelding van en kritiek op die apartheid-stelsel.
Villa Rosa kom tot ʼn einde
kykNET het bevestig dat die sepie Villa Rosa, wat elke weeksaand op die kassie te sien is, tot ʼn einde gaan kom.
Bismarck moet (aanhou) ligloop
Die Springbokhaker Bismarck du Plessis sal die volgende paar maande moet lig loop, want hy is `n gemerkte man.
Polisieman skiet glo vrou, self
ʼn Polisiebeampte van Mpumalanga het glo sy vrou doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.
Egpaar se moordenaars in hof
Drie mans wat skuldig bevind is aan die moord op Chris Jooste en sy vrou, Katrien, het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.
Meer as 650 sterf op paaie in Februarie
Meer as 650 mense is in Februarie op Suid-Afrika se paaie dood, het die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) gesê.
Gedagte vir die dag: Geen groter liefde
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (Joh 3:16)