Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het volgens berigte die dossier rakende die Stellenbosch-bylmoorde ontvang.
Lees meerAlles vir Sondag 8 Maart 2015
Vlug MH370: Een jaar later
Maleisië en China het Sondag beloof om voort te gaan met hul soektog na die vermiste Malaysia Airlines vlug MH370, een jaar nadat die vliegtuig spoorloos verdwyn het.
Kaap-brande: Een dood ná helikopter noodlanding doen
Working on Fire (WoF) het bevestig dat een van sy helikopters wat gehelp het om seker te maak die brande in Kaapstad is onder beheer, ʼn noodlanding by Kaappunt moes maak.
Jan Kempdorp: Vier seuns dissiplinêr verhoor
Die vier leerders wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn koshuisleerder van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap aangerand en seksueel mishandel het, sal volgende week dissiplinêr verhoor word, het die Sunday Times berig.
Vyf vas oor miljoene se onwettige sigarette
Vyf mense is in Witbank in Mpumalanga in hegtenis geneem vir handel in onwettige sigarette nadat daar smokkelware ter waarde van miljoene rande in hul besit gevind is.
Seun (7) verdrink by Secunda-waterfront
ʼn Sewejarige kind het in ʼn swembad by ʼn gastehuis in Secunda in Mpumalanga verdrink, het die polisie Sondag gesê.
Eis van miljoene teen Pippie-chirurg
‘n Eis van R9 miljoen vir beweerde onetiese gedrag staar Dr. Ridwan Mia en die Netcare-hospitaalgroep in die gesig, het City Press berig.
Visekanselier van UKZN ingehuldig
Dr. Albert van Jaarsveld is Saterdag by die universiteit se Westville-kampus as die nuwe visekanselier van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) ingehuldig.
‘Eskom wil rasplanne verskerp’
Die vakbond Solidariteit sê hy is verstom dat Eskom te midde van Suid-Afrika se kragkrisis sy regstellendeaksie-beleid glo nog aggressiewer wil toepas.
Eskom – die donker kant van regstellende aksie
Die uitwerking van Eskom se regstellendeaksiebeleid was vernietigend en Suid-Afrikaners betaal vandag die prys daarvoor, skryf dr. Dirk Hermann.
Wenners van korter Kaapstad-fietstoer
Nolan Hoffman en Lynette Burger het onderskeidelik die mans- en vroue-afdelings van Sondag se verkorte Kaapstad-fietstoer (voorheen bekend as die Cape Argus-fietsrytoer) gewen.
Vier sterf in Mpumalanga-botsing
Vier mense is dood en nagenoeg 20 mense is beseer nadat twee minibustaxi’s Saterdagaand in Mpumalanga gebots het.
Gedagte vir die dag: God se goedheid duur lewenslank
Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer. (Ps 30:6)