Anwa Dramat, geskorste hoof van die Valke, het nie bedank nie, het die polisie Vrydag gesê.
Alles vir Vrydag 13 Maart 2015
Woord: kriewelkous
Taaltoffie ondersoek die woord “kriewelkous” wat gebruik word vir ‘n woelwaterkind
Kaapse visserman vermis
ʼn Visserman van Kaapstad het vermoedelik verdrink nadat hy vroeg Donderdagoggend van ʼn boot afgeval het by Kaappunt, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Vrydag gesê.
Nuuskommentaar: Spoel die mond uit (as jy mag)
Daar is nou wêreldwyd meer internetjoernaliste as “gewone” joernaliste in aanhouding, juis omdat dit moeiliker is om die kubermedium se nuusverspreiding te manipuleer, skryf Herman Toerien. Daarom word die joernalis self geteiken, maar die kuberruim bied steeds die geleentheid om mond uit te spoel oor sake wat dit verdien – op ’n fatsoenlike wyse.
Suuraanval: Man dalk vir waarneming gestuur
Jan Pieterse (29), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy eksmeisie wou vermoor deur suur oor haar uit te gooi, gaan moontlik vir sielkundige waarneming gestuur word, het The Star Vrydag berig.
Bennie Boekwurm is terug
Bennie Boekwurm se CD is ʼn moet vir diegene wat hul kinderjare wil herleef, of wil hê dat hul kinders of kleinkinders ʼn stukkie televisiegeskiedenis moet beleef.
Pastoor vas na hy meisie glo verkrag
ʼn Pastoor van Sasolburg in die Vrystaat is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 16-jarige meisie.
Twee polisiemanne vas oor moord
Twee polisiemanne van Intsikeni in Kokstad, KwaZulu-Natal, is Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van moord, poging tot moord en dwarsboming van die gereg.
Egpaar se moordenaars sit lank
Drie mans wat Chris Jooste (62) en sy vrou Katrien (61) drie jaar gelede in ʼn besige straat in Soshanguve doodgeskiet het, is in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.
Oscar gaan staat se appèl teenstaan
Oscar Pistorius se regspan sal Vrydag appèl aanteken teen die hof se besluit dat die staat mag appelleer teen sy skuldigbevinding.
Gedagte vir die dag: Donkerte rondom
Wie van julle dien die Here en luister na sy dienaar? Wie in die donker loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun. (Jes 50:10)