Georgina Harwood, wat Sondag haar 100ste verjaarsdag gevier het met ʼn tandemvalskermsprong, het Maandag saam met haaie geduik.
Lees meerAlles vir Maandag 16 Maart 2015
Wes-Kaapse regering boikot glo Cape Times
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Maandag gesê hy is gewalg deur die Wes-Kaapse regering se beroep op alle provinsiale departemente om nie hul subskripsie vir die Cape Times te hernu nie.
Verkeersbeamptes vas vir omkopery
Twee verkeersbeamptes is Maandag in Mthatha in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van omkopery en korrupsie.
Luister: Hettie Brittz skryf oor genade
Hettie Brittz se nuutste boek, 10 Gebooie van Genade, gee lesers ‘n kykie na haar bergklimekspedisie teen Kilimanjaro uit en hoe dit haar pynlik stap vir stap nader aan God se genade gebring het.
Man in hof oor meisie se moord
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn negejarige meisie ontvoer en vermoor het, het Maandag in die Bolobedu-landdroshof, naby Tzaneen in Limpopo, verskyn.
‘Bid en glo,’ vra ouers van seuntjie wat byna verdrink het
Jaco en Jolene Oosthuizen, die ouers van Jason wat verlede Sondag byna by sy huis in Rustenburg in Noordwes verdrink het, glo vas dat God nóg ʼn wonderwerk sal doen.
Ses sterf in gru-ongeluk op N14
Ses mense is Maandagmiddag dood en 10 beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibustaxi en ʼn bakkie op die N14 naby Carletonville.
Man vas na moord op pa, dogter
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn pa en sy driejarige dogtertjie in Emalangeni in KwaZulu-Natal doodgeskiet is.
Eers sikloonsterftes, toe kom aardbewing
Terwyl die inwoners van die eilandgroep Vanuatu, noordoos van Australië, die dooies tel en opruim na ʼn sterkte 5-sikloon, Pam, die eiland getref het, het ‘n aardbewing van 5,3 op die momentmagnitudeskaal ook toegeslaan.
Goeie nuus: Gemeenskap help verdagtes vastrek ná plaasaanval
Vier mans is in hegtenis geneem nadat ʼn egpaar in hul plaashuis buite Memel in die Vrystaat vasgebind en beroof is.
Bejaarde sterf ná bye hom steek
ʼn Bejaarde man is dood nadat hy op die N2-snelweg, naby die Mandeni-tolhek in KwaZulu-Natal, deur ʼn swerm bye aangeval en gesteek is.
Flabba-moord: Vrou op borgtog vrygelaat
Sindisiwe Manqele, wat verdink word van die moord die musikant Nkululeko “Flabba” Habedi, is Maandag in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Nuwe vrystellings: 16 Maart 2015
Helené Bester, Moses Metro Man en Pieter Koen het almal nuwe liedjies watter binnekort op die speel- en trefferlyste van verskeie radiostasies sal verskyn.
Video: Ou SA vlag wys “niks het verander”
‘n Kaapse gesin veroorsaak onmin in hulle woonbuurt deur die ou Suid-Afrikaanse vlag by hul huis te laat wapper.
Maroela Media Top 20: 16 Maart 2015
Anaïs behou haar eerste plek in hierdie week se Top 20. Gert Loubser tree in die 19de plek toe met ‘Sonder liefde’ en Nicholis Louw se nuwe een, ‘Miljoene soene’, is nog ‘n nuweling in die 18de plek.
Malema-sekwestrasie: Saak uitgestel
Die voorlopige sekwestrasiebevel teen Julius Malema, leier van die EFF, rakende sy uitstaande belastingskuld is in die hooggeregshof in Pretoria tot Junie uitgestel.
Flabba-moord: ‘Dit was selfverdediging’
Sindisiwe Manqele het Maandag in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg beweer sy het die musikant Nkululeko “Flabba” Habedi uit selfverdediging noodlottig met ʼn skerp voorwerp gewond.
Nuuskommentaar: PUK die slagveld van Grondwet versus transformasie
Die stryd om die siel van die Pukke dra die kenmerke van die voorlaaste loopgraaf, terwyl die minister reeds gedreig het om die laaste loopgraaf, Akademia, te sluit. Besonder baie is dus op die spel oor hoe die PUK-sage gaan afloop, skryf Herman Toerien.
Oom Herrie se kerrie: As jy die kerk se wyn steel…
Oom Herrie deel ‘n paar staaltjies uit die kerk.
Grahamstad-kinderporno: Verdagte dalk uitgelewer
ʼn 53-jarige man wat by sy huis in Grahamstad in die Oos-Kaap in hegtenis geneem is in verband met kinderpornografie gaan moontlik na Amerika uitgelewer word.