ʼn Mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma is Dinsdag in die nasionale vergadering verwerp.
Lees meerAlles vir Dinsdag 17 Maart 2015
SA ‘polisiebeamptes’ kry borg in Botswana
Twee Suid-Afrikaanse mans wat daarvan beskuldig word dat hulle hul as polisiebeamptes in Botswana voorgedoen het, is op borgtog vrygelaat.
EFF steun studente oor verwydering van Rhodes-standbeeld
Die EFF het Dinsdag sy steun toegesê aan ʼn groep studente van die Universiteit van Kaapstad (UK) wat eis dat ʼn standbeeld van Cecil John Rhodes van die kampus verwyder word.
Betaal Eskom-bonusse terug, vra DA
Die DA het Dinsdag ʼn beroep gedoen op top-amptenare van Eskom om die R10,8 miljoen se aansporingsbonusse wat hulle verlede jaar ontvang het, terug te betaal.
‘Zuma is ʼn dief,’ sê Maimane
Pres. Jacob Zuma is ʼn dief, het Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, Dinsdag gesê tydens die nasionale vergadering se debat oor ʼn mosie van wantroue in die president.
Foto: Polisie soek dié paartjie
Die polisie in Gauteng het ʼn beroep gedoen op die publiek om inligting te verskaf wat sal lei tot die inhegtenisname van ʼn jong paartjie wat glo betrokke is by ʼn bedrogsindikaat.
Man geskiet tydens jaagtog met polisie
ʼn Vermeende motordief is gewond nadat die polisie hom en sy makker met motors en ’n helikopter op die N1 gejaag het.
Luister: ‘Be the Hero’ maak ʼn verskil
Rayno van Vuuren, een van die stigters van Be the Hero, gesels oor dié stigting.
R21 miljoen Lotto-boerpot nog onopgeëis
ʼn Lotto-boerpot ter waarde van R21 miljoen verval binnekort as dit nie in die volgende twee dae opgeëis word nie.
Skoolseuns met vuurwapens betrap
Twee skoolseuns van ʼn hoërskool in Mthatha in die Oos-Kaap is Maandag in hegtenis geneem toe hulle met vuurwapens betrap is.
Man brand dood in voertuig
ʼn Onbekende man het Dinsdag in die vroeë oggendure in ʼn motor doodgebrand ná ʼn botsing met ʼn vragmotor op die N1 naby Ventersburg in die Vrystaat.
Leslie-boer sterf dae ná aanval
Chris van Deventer (62), ʼn boer van Leslie in Mpumalanga, is in die hospitaal oorlede nadat hy twee weke gelede buite sy plaas glo met sy eie vuurwapen geskiet is.
Wes-Kaapse polisiehoof beroof
Rowers het vroeg Dinsdagoggend by lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiekommissaris, se huis in Panorama ingebreek.
Chabane-ongeluk: Trokdrywer bly in aanhouding
Die vragmotorbestuurder wat betrokke was in die botsing waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, dood is, het Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.
Rosestad se ‘bedelaar’ het eersdaags sy eerste afspraak
Ammiël Smith, die jong Bloemfonteiner wat bekendheid verwerf het nadat hy met ʼn kartonplakkaat by ʼn verkeerslig op soek na sy trouvrou gaan staan het, het binnekort sy eerste afspraak nadat hy behoorlik oorval is met aansoeke.
Collins Chabane: Begrafnisreëlings bekend
ʼn Rou- en begrafnisdiens sal vir Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie wat Sondag in ʼn ongeluk oorlede is, gehou word.
Jong pa tydens plaasaanval vermoor
Jakes van Deventer (35) is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ʼn aanval op ʼn plaas naby Bela-Bela in Limpopo vermoor.
Agter die skerms van French Toast
French Toast is ʼn splinternuwe Suid-Afrikaanse fliek wat eersdaags op die grootskerm bekendgestel word. Loer gerus wat tydens verfilming agter die skerms aangegaan het.
Nuuskommentaar: Moet jy g*tkruip om te versoen?
Ons kan elkeen ʼn bydrae lewer dat ons kinders nie soos vreemdelinge in hul eie land voel nie, skryf Herman Toerien. Maar om nasionale versoening te bewerkstellig behels nie, in die woorde van Max du Preez, g*tkruipery of uitverkopery nie, maar dat almal die hand diep in eie boesem moet steek.
Uitdrukking: Melk by die bottel koop liewer as om ‘n koei aan te hou
Ken jy dié Afrikaanse uitdrukking? Die betekenis is dalk nie vir kinderore bedoel nie…