Die saak teen ʼn ma en haar dogter wat daarvan beskuldig word dat hulle die kleuter Jamie Naidoo vermoor het, is Donderdag in die Chatsworth-landdroshof in KwaZulu-Natal uitgestel.
Lees meerAlles vir Donderdag 19 Maart 2015
Nog geen teken van vermiste skaakafrigter
Stan Davies (30), ʼn skaakafrigter van Johannesburg, word steeds vermis nadat hy in Desember verdwyn het.
Foto’s: Laingsburg-busongeluk eis 4
Vier mense is Donderdag dood en 32 beseer toe ʼn bus en ʼn vragmotor mekaar op die N1 naby Laingsburg in die Wes-Kaap getref het.
Sweepslae vir mans met sebravleis
Twee mans van Botswana is gevonnis om elk drie houe met ʼn sweep te ontvang en hulle moet elk ʼn boete van 1 500 Pula (ongeveer R1 800) betaal vir die onwettige besit van sebravleis, het die amptelike Daily News Donderdag berig.
Gewapende roof by Gauteng-winkelsentrum
Selfone ter waarde van R1.5 miljoen is Donderdag tydens ‘n gewapende roof uit die Vodacom-winkel by die Hyde Park-winkelsentrum in Johannesburg gesteel.
Puk: Duisende sê ja vir Afrikaanse kampus met eie bestuur
Die uitslag van ʼn referendum oor of die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus Afrikaans moet bly en sy eie bestuurstruktuur moet hê, sal aan die NWU-konvokasie se raadsverteenwoordigers gestuur word.
Video: Warmbad-plaasaanval – ‘Oom, moenie my pappa seermaak nie’
‘n Vierjarige meisie het haar pa se aanvallers gesmeek om hom nie seer te maak nie. Jakes van Deventer (35) is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ‘n plaasaanval buite Warmbad in Limpopo vermoor.
Nuwe kultuur-wynnavorsing word gedoen
Wat dink Suid-Afrikaners oor die wyne wat hulle drink? Verskil die menings en gewaarwordinge van landgenote vanuit verskillende kultuurgroepe daaroor? Dís van dié vrae wat wynnavorser dr Hélène Nieuwoudt en kollegas aan die Universiteit Stellenbosch wil beantwoord deur ‘n nuwe projek wat pas van stapel gestuur is.
Tunisië-aanval: SA vrou gewond
ʼn Suid-Afrikaanse vrou is gewond in die terreuraanval op ’n museum in Tunis, die hoofstad van Tunisië, waartydens 21 mense dood is.
Boek: Emma en die creepy komplot (met video’s)
Die aksiebelaaide opvolg op “Emma en die geheime gang”. ‘n Lokprent van die boek volg onderaan die berig.
Motoriste kan JMPD-boetes kanselleer
Motoriste wat tussen Augustus 2010 en 21 Desember 2012 boetes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) deur gewone pos ontvang het, kan aansoek doen om dit te kanselleer.
Video: Kunswerk in rommelhoop versteek
Bernard Pras se kunswerke lyk aanvanklik net soos ʼn rommelhoop, totdat jy uit die regte hoek daarna kyk.
Blockupy: Protes teen kapitalisme
In Griekeland moet gespaar word. Die werkloosheid in Spanje is buite beheer. Die gewone Duitse volk kla oor lae lone en lang werksure. Oral in Europa klink ongelukkige stemme op wat Woensdag duidelik gepráát het tydens die Blockupy-protesoptog in Frankfurt, Duitsland.
Baba Nico: Beskuldigde nie in hof, lasbrief uitgereik
Mafsehediso Lisbeth Makashea, wat daarvan aangekla word dat sy haar voormalige werkgewers, Org en Anna-mi Linde van Welkom in die Vrystaat, se babaseun, bekend as baba Nico, wat toe sewe maande oud was aangerand het, het nie Donderdag vir hofverrigtinge opgedaag nie.
Taalgebruik: na, ná, nadat
Talle gebruikers van Afrikaans struikel soms met die gebruik van “na”, “ná” en “nadat”. Taaltoffie werp bietjie lig op die onderwerp.
Groter Wêreldbeker sal onding wees
Agge nee, Wêreldrugby (die ou Internasionale Rugbyraad) kan seker nie ersntig wees om die Wêreldbekertoernooi tot 24 spanne uit te brei nie.
Boek: Gelyke kans
Gelyke kans is ’n eerlike boek oor ’n vrou wat eers met haarself moet vrede maak, maar wat ook eerlik genoeg is om te weet dat sy nie haarself die waarde van ’n maat moet ontneem bloot om sterk te wil voorkom nie.
Resensie: Dit is die land – Hennie Jacobs
Ons ken hom as Diederik van 7de Laan, maar Hennie Jacobs is ook nou besig om hom as sanger te vestig.
Geleenthede vir groeiende selfstandigheid te midde van toenemende wanorde
Oor die afgelope 20 jaar het die Grondwet ver na die agtergrond verskuif en is dit lank nie meer die meesterkonsep van die openbare gesprek nie, skryf prof. Koos Malan.
Afrikaans 90: Afrikaans, waarom nie?
Die vraag “Waarom Afrikaans?” lok onmiddellik by my ’n teenvraag uit: “Waarom NIE Afrikaans NIE?” skryf Wannie Carstens.