Karlien van Jaarsveld is binnekort te sien in die rol van Aspoestertjie in die gelyknamige pantomime. Maroela Media het met haar daaroor gesels.
Alles vir Donderdag 19 Maart 2015
Nuuskommentaar: Wêreldorde in ’n jaar omgekeer met Krim-anneksasie
Rusland het die Krim-skiereiland ’n jaar gelede geannekseer. Is pres. Wladimir Poetin ʼn meester van die Koue Oorlog, of is sy verwysings na die moontlike gebruik van kernwapens iets wat ernstig opgeneem moet word?
Niemand nog vas ná skietery in besige PTA-restaurant
Daar is nog geen nuwe verwikkelinge in die moordsaak van ʼn man in sy 40’s wat Dinsdagaand in ʼn besige restaurant in die ooste van Pretoria voor ander klante doodgeskiet is nie.
AfriForum: ‘Los die Vrystaat vry’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag gesê hy sal baklei vir die behoud van die Vrystaat se naam nadat Mathabo Leeto, Vrystaatse LUR vir sport, kuns en kultuur, voorgestel het die provinsie se naam moet verander.
‘Dagga-kleuter’ in veilige sorg
ʼn Driejarige kleuter wat glo deur haar ouer broer gedwing is om dagga te rook, is in veilige sorg geplaas.
Vyf vas ná 8 renosters ‘verdwyn’
Die Valke het vyf vermeende renosterstropers in Mpumalanga in hegtenis geneem, amper vyf maande nadat agt renosters uit die Ohrigstad-natuurreservaat verdwyn het.
Poetin dalk weer pa
Wladimir Poetin (62) was vir ʼn hele paar dae uit die openbare oog met die verduideliking dat hy behandel word vir rugpyn deur ʼn Switserse dokter.
Studente pleit vir behoud van Puk-kampus
’n Geveg is die afgelope paar weke aan die opbou oor die pad vorentoe vir die Puk-kampus van die Noordwes-universiteit, skryf Alet Rademeyer.
PE-paartjie vas weens kinderpornografie
ʼn Span spesialisspeurders van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) het vandeesweek ʼn paartjie van Port Elizabeth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem weens die besit en verspreiding van kinderpornografie.
Veldwagter deur seekoei aangeval
ʼn Veldwagter by ʼn private wildreservaat buite Pietermaritzburg is ernstig beseer nadat hy Donderdagoggend deur ʼn seekoei aangeval is.
Beloning om moordsaak op te los
Die polisie het ʼn beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die skuldiges wat in 2009 ʼn man van Pretoria vermoor en sy liggaam aan die brand probeer steek het.
Video: Maak ‘n bottel met ‘n stuk papier oop
Dit is ‘n groot frustrasie indien mens iewers graag ‘n bottel wou oopmaak, maar jy het nie ‘n oopmaker naby nie. Hierdie video wys vir jou hoe om ‘n stuk papier te gebruik indien jy ooit in dié situasie beland.
Tunisië-aanval: Minstens 21 dood, 2 van SA glo gewond
Minstens 21 mense, onder wie talle toeriste, is dood ná ʼn terreuraanval op ’n museum in Tunis, die hoofstad van Tunisië.
Ma, ouma weer in hof ná kind se dood
Die saak teen ʼn ma en dogter wat daarvan beskuldig word dat hulle die kleuter Jamie Naidoo vermoor het, gaan na verwagting Donderdag in die Chatsworth-landdroshof in KwaZulu-Natal hervat word.
Resep: Sjokoladetertjies met ’n neutkors
Die sjokoladetertjies in ‘n neutekors is nie net ‘n heerlike smaaksensasie nie maar is ook ‘n gesonde nagereg. Ja, daar bestaan regtig so iets!
Eskom-paneel aangewys
Adjunkpres. Cyril Ramaphosa het die paneel aangekondig wat hom van raad sal bedien oor die regrukstrategieë van Eskom.
OB meen spioenbewerings is poging om haar te skors
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het gesê sy vermoed die motief vir die ondersoek na bewerings dat sy ʼn spioen is, kan tot haar skorsing lei, het Eyewitness News berig.
Studente in hof vir openbare geweld
Die polisie in Mpumalanga het gesê 12 studente wat in hegtenis geneem is op aanklag van openbare geweld het Woensdag in die Acornhoek-landdroshof verskyn.
Gedagte vir die dag: Die storms is onafwendbaar
Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huise gewaai en daaraan geruk en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots. (Matt 7:25-26)