Amerikaners het eers in ‘n video vir Suid-Afrikaners laat weet wat hulle van ons lekkernye dink, en nou het Suid-Afrika ‘n paar Amerikaanse happies getoets.
Lees meerAlles vir Vrydag 20 Maart 2015
Mynwerker glo met diamante betrap
ʼn Werknemer by een van Zimbabwe se grootste mynmaatskappye het glo probeer om diamante in ʼn balpuntpen uit die aanleg te smokkel, het die Manica Post Vrydag berig.
Polisieman sterf in Pta-skietery
ʼn Polisiebeampte is Vrydag in Mooiplaats in Pretoria doodgeskiet.
Goeie nuus: ‘Mooirivier’ op pad na Australië en Nieu-Seeland
‘Mooirivier’ wat in Februarie 2015 vrygestel is in Suid-Afrika en wat nog steeds in teaters in Suid-Afrika te siene is, word hierdie naweek vrygestel in Australië en Nieu-Seeland.
Vrou skok toe sy wasgoed was
ʼn Vrou van Hammersdale in Mpumalanga is Vrydag ernstig beseer nadat ʼn elektriese toestel in die water geval het terwyl sy besig was om wasgoed te was.
Luister: Beradingskampe vir slagoffers van trauma nou in Gauteng en Wes-Kaap aangebied.
Elize Perrin weet self hoe dit voel om ʼn geliefde skielik aan die dood af te staan. Haar broer se moord het haar genoop om ʼn beradingskamp aan te bied, waar mense die kans kry om deur pyn en trauma te werk
Nóg lyke op Hertzogville-plaas gevind
Die polisie in die Vrystaat het gesê daar is nog twee liggame op Johan Sonnenberg (57) se plaas in die Hertzogville-distrik gevind.
Boek: Skuldig
Ná sy baie goeie debuut, is Martin Steyn terug met nog ’n krimi. Hierdie keer ondersoek Adjudant Colin Menck ’n baie professionele reeksmoordenaar.
In jou kontrei (20 – 26 Maart): Karen Zoid, ‘Ballade vir ʼn enkeling’ en Tierlantyn’kies
Wat gebeur in jou kontrei? Hier is ʼn paar interessante geleenthede wat jy kan bywoon!
Eerste op Maroela: Treurgrond se vollengte lokprent
Die nuwe Afrikaanse rolprent Treurgrond word in Mei uitgereik en die splinternuwe lokprent vir die fliek is vandag bekendgestel.
Vermiste man se motor aan verdagtes gegee
Wayne Alberts (32) het op 14 Februarie spoorloos verdwyn op pad na sy ouers se huis in Boksburg. Drie mense is twee dae later in Sunnyside, Pretoria, in die motor waarmee Alberts gery het, aangekeer.
Resensie: Ballade vir ʼn Enkeling – ʼn nuwe standaard vir plaaslike rolprente
Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling begin vandag in fliekteaters draai. Lees hier hoekom jy dit nie mag misloop nie .
Goeie nuus: ‘Gryp-en-spaander-dief’ deur motoriste vasgetrek
ʼn Vermeende gryp-en-spaander-dief is deur twee motoriste en die bestuurder van ʼn insleepvoertuig vasgetrek nadat hy ʼn vrou se handsak gegryp en weggehardloop het.
Ons mag maar aan ons eie kant wees
Die Afrikaner is een van die min suksesvolle gemeenskapsgroepe in Suid-Afrika. Dít ten spyte daarvan dat ons aan die ontvangkant van die regering se transformasie gestoomroller is en dat hy teen ons regeer. Daar is egter tien hekkies wat die Afrikanergemeenskap sal moet oorbrug om suksesvol te bly, skryf Flip Buys.
Gaan Steve die politiek betree?
Die sanger Steve Hofmeyr is dalk binnekort die leier van sy eie politieke party. Dis nou as sy aanhangers daarin kan slaag om een miljoen “stemme” op Facebook te kry.
Kweek kreatiwiteit by die huis
Pablo Picasso het gesê, “Alle kinders is gebore kunstenaars; die probleem is om ʼn kunstenaar te bly wanneer ʼn mens groot word.” Ouers speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling en koestering van hul kinders se kreatiwiteit.
Maqubela-seun: Sy moet 20 jaar sit
Thandi Maqubela moet tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word vir die moord op haar man, Patrick Maqubela, het die waarnemende regter se seun in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê.
Nuuskommentaar: PUK, Steve, transformasie en Menseregtedag
In die aanloop tot môre se viering van Menseregtedag het die regering reeds groot gewag gemaak van die probleem van rassisme, maar natuurlik, as deel van sy blaamkultuur, sy eie aandeel daarin nie raakgesien nie, skryf Herman Toerien.
Redakteursbrief: Ouderdom is ‘n sierlike kroon
‘n Samelewing kan kwalik sonder die wysheid van sy bejaardes bestaan. Susan Lombaard dra dus dié storie op aan elkeen van Maroela se ouer lesers.
Woord: heenskeer
Ken jy die Afrikaanse woord “heenskeer”? Jy kan onder andere vir iemand sê hy moet heenskeer as jou frustrasievlakke dalk hoog is… Lees Taaltoffie vir meer inligting oor dié woord.