Ouderdom is ’n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe (Spreuke 16: 31).
Alles vir Vrydag 20 Maart 2015
Eugene de Kock glo steeds in aanhouding
Eugene de Kock (66) is uit die gevangenis vrygelaat, maar glo in die geheim aan veiligheidsmagte oorgegee vir aanhouding teen sy sin, het The Star Vrydag berig.
Betogers in hof ná plundertog
Agttien mense wat glo tydens ʼn betoging buitelanders se winkels geplunder het, het Donderdag in die Brits-landdroshof verskyn.
Boek: Siembamba – Immergroen rympies vir kinders
Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tara-rara boemdery”? Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud!
Boek: Pa’s en seuns
Angus Buchan moedig pa’s in Pa’s en seuns aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Die boek moedig terselfdertyd ook seuns aan om hul verhouding met hulle pa te koester en so een van dié belangrikste gesinsbande te versterk.
SANParke kry nuwe helikopter vir stryd teen renosterstropery
SANParke het ʼn nuwe gespesialiseerde helikopter gekry om hom by te staan in die stryd teen renosterstropery.
Eskom se kredietgradering verder afgegradeer
Die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) het Eskom se langtermynkredietgradering na BB+ afgegradeer nadat vier van die kragverskaffer se senior bestuurslede geskors is.
Rhodes-standbeeld moet geskuif word, sê visekanselier
Die Cecil John Rhodes-standbeeld op die Universiteit van Kaapstad se kampus moenie vernietig nie maar geskuif word, het die universiteit se visekanselier gesê.
Gedagte vir die dag: Rein harte, nie vroom gesigte nie
Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte? (Matt 9:4)