‘n Paar mense is Saterdag in ‘n metaanontploffing in Welkom in die Vrystaat beseer.
Lees meerAlles vir Saterdag 21 Maart 2015
NWU-Raad besluit oor Van Schalkwyk se lot
Die publiek sal amptelik eers na Maandag weet wat Raad van die Noordwes-Universiteit besluit het oor die verlenging van prof. Herman van Schalkwyk se ampstermyn.
7 boeties en sussies sterf in huisbrand
Sewe boeties en sussies, tussen vyf en 15 jaar oud, het Saterdag in ʼn huisbrand in Brooklyn, New York, gesterf.
Video: Onbemande vliegtuie teen stropers ingespan
Onbemande vliegtuie word nou in die Krugerwildtuin ingespan om stropers te probeer vastrek.
VF Plus wil weet wie diesel aan Eskom verskaf
Eskom se vertrapping van die verbruiker kan nie langer geduld word nie en die VF Plus sal die beoogde verhoging in kragpryse op elke manier moontlik teenstaan, het dié party in ʼn verklaring gesê.
Foto’s: Akrobate trou 38 keer binne 83 dae
ʼn Paartjie van Los Angeles in Amerika het besluit om binne 90 dae in soveel plekke as moontlik trou aan mekaar te beloof.
Man word vermis na Jhb-kaping
ʼn Man wat vermoedelik tydens ʼn kaping in Johannesburg, Gauteng geskiet is, word steeds vermis.
R100 000-beloning vir inligting oor polisiemoord
ʼn Beloning van R100 000 is uitgeloof vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die persone wat ʼn polisiekonstabel in Erasmia, Centurion vermoor het.
Dogters geskors wat nie rompe wou dra nie
Die departement van onderwys het die regte van agt meisies, wat uit ʼn skool aan die Oos-Rand geskors is omdat hulle nie rompe wou dra nie, verdedig, het die Saturday Star berig.
Luister: Gesamentlike inisiatiewe om plaasmoorde te takel
AfriForum en die minister van landbou het in ‘n vergadering stappe bespreek wat gedoen kan word om die veiligheid van boere en ander Suid-Afrikaners in landelike gebiede te verbeter.
Valke swyg oor Zondwa Mandela-soektog
Die Valke wou nie Vrydag bevestig dat hy op soek is na oudpresident Nelson Mandela se kleinseun in verband met ʼn voortslepende bedrogondersoek wat met Aurora Empowerment Systems verband hou nie.
Gebruikers gewaarsku: Elektrisiteit word duurder
Eskom het gebruikers Saterdag gewaarsku dat ʼn prysverhoging binnekort in werking sal tree.
Seuns sterf in huisbrand
Twee seuns, onderskeidelik 17 maande oud en vyf jaar oud, is Vrydagoggend in Krugersdorp in Gauteng oorlede nadat ʼn brand uitgebreek het in die huis waar hulle geslaap het.
25 jaar ná tiener se verkragting, ontvoering
Drie verkragters is Vrydag in Limpopo tot 25 jaar tronkstraf elk gevonnis dat hulle ʼn tiener ontvoer en verkrag het.
Zuma skuld SA R52.9m, sê DA
Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het Vrydag gesê president Jacob Zuma skuld Suid-Afrikaners R52.9 miljoen vir nie-sekuriteitsverwante opgraderings aan sy privaat huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Beurtkrag word Saterdag toegepas
Eskom het Saterdagoggend in ʼn verklaring bevestig dat fase 1-beurtkrag van 09:00 tot 22:00 toegepas sal word.
Eskom kanselleer Kusile-kontrak
Eskom het sy kontrak vir beheer- en instrumentasiewerk met Alstom S&E Africa by sy Kusile-kragstasie in Mpumalanga gekanselleer.
Naamstorm begin broei oor Kaapstad se lughawe
ʼn Storm oor planne van die SAKP om glo Kaapstad se lughawe na Chris Hani te vernoem, is aan die broei nadat die oud-politikus Peter Marais deur sy Facebook-bladsy, alle Khoi, San en Griekwas opgeroep het om dit teen te staan.
Gedagte vir die dag: Hoop
Dit sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra. (Klaagl 3:21, 24-25)