ʼn 84-jarige veteraan word as ʼn held bestempel nadat hy ʼn niksvermoedende rower die skrik op die lyf gejaag het.
Lees meerAlles vir Sondag 22 Maart 2015
Chabane-familie soek Malamulele-munisipaliteit
Collins Chabane se familie het daarop aangedring dat pres. Jacob Zuma ʼn aparte munisipaliteit vir die mense van Malamulele in Limpopo sal oprig, het die City Press Sondag berig.
Generations-akteurs weer hof toe
Veertien van die 16 akteurs wat verlede jaar uit die plaaslike sepie Generations afgedank is, het weer die hof genader in ʼn poging om die nuwe reeks te kanselleer, het City Press Sondag berig.
Eskom se vaardigheidspoel kan ‘inmekaar tuimel’
Eskom-werknemers het onlangs in ʼn opname aangedui dat politieke inmenging en rasgedrewe besluitneming hulle onseker maak oor hul toekoms by dié maatskappy.
De Lille soek bewyse oor ‘rasse-voorvalle’
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa versoek om bewyse van beweerde rasse-voorvalle wat glo in die stad plaasgevind het, aan te stuur.
Man vas oor lyk in bakkie
ʼn Man is Sondagmiddag in Randburg, Gauteng, in hegtenis geneem nadat veiligheidswagte die liggaam van ʼn vrou in sy bakkie gevind het.
Welkom-ontploffing: Slagoffers stabiel, 200 huise beskadig
Minstens 200 huise is Saterdag erg beskadig in ʼn metaanontploffing in Welkom in die Vrystaat. ‘n Video met die slag van die ontploffing volg onderaan die berig.
Breek alle apartheid-simbole af, sê Malema
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het mense versoek om alle standbeelde, wat herinner aan apartheid, af te breek, het die Sunday Independent berig.
Man kritiek ná kragopwekker aan die brand slaan
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand na ʼn brand Sondagoggend by ʼn huis in Kameeldrift, Pretoria.
Foto’s: Ongewone ‘troeteldier’ ná reddingspoging
ʼn Ekster genaamd Penguin, wat deur ʼn jong gesin in Newport in Australië gered en versorg is, kom kuier nou gereeld by die Bloom-gesin.
Jhb se dubbeldekker-snelweg gesluit
Twee bane van die “dubbeldekker”-gedeelte van die M1 in ʼn noordelike en suidelike rigting sal Sondag tussen 09:00 en 16:00 gesluit wees vir instandhouding.
Eskom: Solidariteit versoek adjunkpresident om in te gryp
Die vakbond Solidariteit het adjunkpresident Cyril Ramaphosa versoek om in te gryp nadat Eskom sy nuwe regstellendeaksieplan aan vakbonde voorgelê het.
Pakistani’s vas oor lughawe-ontvoerings
Twee mans wat glo drie Bangladesjers van die OR Tambo Internasionale Lughawe ontvoer het, is in hegtenis geneem.
Motorfietsongeluk by Kogelbaai
ʼn Pa en sy seun is in ʼn kritieke toestand nadat hul motorfiets Saterdagaand ʼn motor op die R44 in Kogelbaai in die Wes-Kaap getref het.
Gedagte vir die dag: Lig in die tonnel
Ek het as die lig na die wêreld gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. (Joh 12:46-47)