ʼn 30-jarige man van Noordwes is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy erg aangerand is deur gemeenskapslede wat hom daarvan beskuldig het dat hy deel was van ʼn groep mans wat glo ʼn vrou beroof en verkrag het.
Alles vir Maandag 23 Maart 2015
Nuwe tegnologie vir soeke na intelligente lewe in ruimte
’n Nuwe instrument om na intelligente lewe in die ruimte te soek, is in die Lick-sterrewag in San José geïnstalleer.
Eerste Amerikaanse presidentskandidaat bekend
Sen. Ted Cruz van die Republikeinse Party het amptelik sy kandidatuur vir die Amerikaanse presidentsverkiesing op Twitter bekend gemaak.
Kind (5) sterf in huisbrand
ʼn Vyfjarige meisie het oor die naweek in ʼn huisbrand in Limpopo doodgebrand.
Tiener se liggaam in Kalkbaai gevind
Die Kaapstad-polisie het ʼn 36-jarige man vir ondervraging in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn 16-jarige meisie Sondagoggend in Kalkbaai opgespoor is.
ToekomsVenster: ’n Mens met sy eie persoonlikheid
Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief vra jou om vandag na te dink oor jou persoonlikheid.
Nuuskommentaar: Ons wil nie (Afrikaans) hoor nie!
Terwyl rassespanning volgens vele aan die opbou is, word gepraat maar ons hoor mekaar nie, skryf Herman Toerien. Kan sake nog deur gesprekvoering beredder word, of is dit nodig dat daar weer grondig gekyk word na die grondslae waarop die 1994-versoeningspogings gebou is?
Boek: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë
Watter soort slang is die giftigste? Hoe kry verkleurmannetjies dit reg om van kleur te verander? Jy sal al die antwoorde in hierdie fantastiese feiteboek kry!
WAT Woord van die Week: poegie
Taaltoffie stel ondersoek in oor die woord “poegie” wat soms gebruik word om na ‘n ligte motorfiets te verwys.
Vrou sterf ná taxi en bus bots
ʼn Vrou is dood is en 13 mense is beseer nadat ʼn bus en ʼn minibustaxi Maandagoggend op die N1-snelweg in Johannesburg gebots het.
Man het glo ma se ‘verkragter’ vermoor
ʼn 25-jarige man is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man, wat na bewering sy ma wou verkrag, vermoor het.
Valke ondersoek nie geskorste baas se ongeluk
Die Valke het Sondag bevestig dat hy nie ʼn ongeluk waarby sy geskorste hoof in Gauteng, Shadrack Sibiya betrokke was, ondersoek nie.
Twee ry glo vinniger as 220 km/h om boeties te beïndruk
Twee mans is Sondag in afsonderlike voorvalle in Gauteng in hegtenis geneem nadat hulle meer as 220 km/h gery het.
Gedagte vir die dag: God sien dwarsdeur jou
Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Daar is nog nie ’n woord op my tong nie, of U, Here, weet wat dit gaan wees. (Ps 139:1-2, 4)