Dit gaan goed met Eugene de Kock, wat op parool vrygelaat is, en ʼn aansoek dat die owerhede hom in die hof moet laat verskyn gaan nie gebring word nie, het sy prokureur Dinsdag gesê.
Lees meerAlles vir Dinsdag 24 Maart 2015
16-jarige kritiek wat wou avokado’s eet
ʼn 16-jarige seun van Doonside in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, is in ʼn kritieke toestand nadat hy uit ʼn avokadoboom geval het.
Parkstasie-skietery: Polisie op soek na 12 verdagtes
Die polisie is op soek na ʼn groep van ongeveer 12 verdagtes wat Dinsdagoggend ʼn polisiekonstabel by Parkstasie in Gauteng doodgeskiet het toe hy op ʼn beweerde rooftog by die stasie reageer het. Foto’s van die verdagtes volg onderaan die berig.
Uitspraak voorbehou in Aurora-saak
Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag uitspraak voorbehou in die Aurora-saak.
Opod-hoof Robert McBride geskors
Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat, is geskors, het eNCA Dinsdag berig.
‘Ironies dat oud-Suid-Afrikaner knoop vir Nieu-Seeland deurhak’
Die Nieu-Seelandse media meen dit is ironies dat ʼn man wat in Suid-Afrika gebore is en glo weens sportkwotas groener weivelde gaan soek het, vir Nieu-Seeland ʼn plek in die Wêreldbekereindstryd verseker het deur die Proteas te klop.
Video: Groep takel tieners by vulstasie, polisie doen glo niks
Die Pongola-polisie in KwaZulu-Natal het ʼn interne ondersoek van stapel gestuur nadat berigte aan die lig gekom het dat beamptes van dié polisiestasie glo geweier het om in te gryp tydens ʼn onderonsie tussen ʼn groep mans en ʼn paar tieners.
BoekeJol-fees se bekendstelling gevier met Deon Meyer se jongste boek
Pretoria spog binnekort met die eerste BoekeJol-fees wat einde Augustus in die hoofstad plaasvind. Die fokus van dié fees is die skryfwerk van Afrikaanse skrywers en rolprentmakers.
Resep: Konfytblokkies
Heerlike konfytblokkies vir teetyd.
13 ‘jihadi’s’ in Marokko vas
Die Marokkaanse owerheid het Dinsdag bekend gemaak dat ʼn groep ekstremiste, met ʼn verbintenis aan die IS (Islamitiese Staat), in hegtenis geneem is.
Reuseslang val sakevrou aan
Janet Prinsloo, eienaar van die gewilde Biltong go Back-padstal naby Vaalwater in Limpopo, het die naweek lelik geskrik toe ʼn vier meter lange luislang haar in haar slaapkamer aangeval het.
Duitsland-vliegtuig stort glo neer in Alpe
ʼn Airbus A320 van die German Wings-lugredery het Dinsdag in die suide van Frankryk neergestort.
Pa, seun dwing werker glo om met hond seks te hê
ʼn Pa en seun het in die Welkom-landdroshof verskyn nadat hulle glo ʼn werker gedwing het om met hul hond seks te hê, het die polisie in die Vrystaat Dinsdag gesê.
Video: Pa en dogter bou ‘Jurassic Park’-fliek
Paul Hollingsworth, film- en animasieregisseur, en sy agtjarige dogter Hailee het ʼn Lego-weergawe van die oorspronklike Jurassic Park-fliek gebou.
Uit die Puk-rektor se kantoor: Ondersteuning en gebalanseerde, verantwoordelike debat oor die NWU se toekoms
Ek wil graag my dank uitspreek vir die volgehoue ondersteuning en gebede wat ek en die NWU se Potchefstroomkampus die afgelope tyd van personeel, studente, alumni, ouers en die groter publiek ontvang het.
Uitdrukking: Opgeskeep sit met iemand
Al ooit gewonder waarom ons sê jy “sit opgeskeep met iemand”? Lees vandag se Taaltoffie vir meer oor dié uitdrukking.
ToekomsVenster: Mense met energie
Mense met wat ‘n ekstrovert is, het ander soort energie as ‘n introvert, daarom is dit belangrik om te reflekteer op waar God jou die beste ontmoet.
Man hang hom in klaskamer
Die liggaam van ʼn man is Dinsdagoggend gevind waar dit in ʼn klaskamer by ʼn laerskool in Bethelsdorp buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap gehang het.
Babas omgeruil: Ouer wil sielkundige konsulteer
Een van die ouers wie se baba in 2010 by ʼn hospitaal omgeruil is, wil ʼn sielkundige en ʼn tradisionele geneesheer toespreek oor die kind wat hy grootmaak, het The Star Dinsdag berig.
Plaasaanval: Vrou verkrag terwyl sy intrek
ʼn 40-jarige vrou is Maandag helder oordag verkrag terwyl haar gesin by ʼn plaashuurhuis naby Dorset, tussen Vaalwater en Lephalale (Ellisras) in Limpopo, ingetrek het.