Twee tieners is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 15-jarige skolier in Gingindlovu in KwaZulu-Natal.
Alles vir Dinsdag 24 Maart 2015
Jong fotograaf beken skuld oor kinderporno
Rudolph Coetzee (23), ʼn fotograaf van Kimberley, het in die Noord-Kaapse hooggeregshof skuld beken op 45 aanklagte waaronder verkragting en kinderpornografie.
Suid-Afrika straks status van grootste impakkrater kwyt
Die Vredefortkoepel is nie meer die grootste bevestigde impakkrater ter wêreld nie, nadat ’n nog groter impakkrater in Australië ontdek is.
Polisieman in Jhb doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte is Dinsdagoggend by Parkstasie in Johannesburg doodgeskiet.
Swaar straf vir Tarkastad-plaasmoordenaars
Aletta “Lettie” Rupping (86), ʼn boer van Tarkastad in die Oos-Kaap, se drie moordenaars is Vrydag, byna ʼn jaar ná haar moord, swaar in die Grahamstad-hooggeregshof gevonnis.
Oom Herrie se kerrie: Moleste met die orrel
Neef Abrie sê die orrel was nie altoos kerke se eerste keuse vir musiek nie.
Afrikaans 90: Laat jou tong dans met Afrikaans
Afrikaans is ’n taal wat jy maar kan praat, sommer maar net kan praat. Jy hoef nie om te gee oor hoe dit uitkom nie, en dis wat so lekker is, skryf Chris Chameleon.
Nuuskommentaar: Wanneer “regstellende optrede” rassisme word
In sy “ywer” tot nierassigheid het die ANC nou reeds 67 rasgebaseerde wette en wetlike maatreëls op die wetboek geplaas, en steeds bou die rasbenepenheid skynbaar momentum op, skryf Herman Toerien. Om te midde hiervan steeds ’n gebieg en jammerte op te eis, ook onder diegene wat ná 1994 gebore is, beduiwel gesindhede.
Bles Bridges: 15 jaar later
Dit is vandag 15 jaar sedert een van die gewildste kunstenaars wat ons land tot dusver opgelewer het, Bles Bridges, in ’n motorongeluk oorlede is.
Bismarck sê wéér jammer, maar Sharks straf hom
`n Mens wonder of Bismarck du Plessis se jongste verskoning oor sy wangedrag op die rugbyveld die papier werd is waarop dit geskryf is.
Kuba nie die antwoord op Vrystaat se onderwysprobleme, sê Fedsas
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het sy misnoeë uitgespreek oor die Vrystaatse departement van onderwys se aankondiging dat onderwysers uit Kuba in die provinsie aangestel gaan word.
Polisieman in hof oor gesteelde goedere
ʼn Polisiekonstabel van Noordwes het Maandag in die hof verskyn in verband met die beweerde diefstal van lugverkoelers, ʼn brandblusser en ʼn lig.
Skors polisieminister, vra DA
Die DA het ʼn parlementêre ondersoek geëis na die optrede van die minister van polisie ná ʼn uitspraak in die hooggeregshof dat die waarnemende hoof van die Valke oneerlik opgetree het.
Gedagte vir die dag: Om God te ken
Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie al die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. (Ef 1:16-17)