Tshediso Matona, Eskom se uitvoerende hoof, het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) genader oor sy ‘onbillike skorsing’.
Lees meerAlles vir Woensdag 25 Maart 2015
Afrikaans is Groot: Nog konserte beplan ná kaartjies binne ure uitverkoop
Die organiseerders van die Afrikaans is Groot-konsertreeks het bekend gemaak dat nog konserte beplan word nadat kaartjies vir die beplande vertonings Woensdag binne ure uitverkoop het.
Valke se adjunk in KZN vas
Die adjunkhoof van die Valke in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem en het vlugtig in die hof verskyn.
Man verdrink aan KZN suidkus
ʼn Man het Woensdagmiddag in die see by die Glenmore-strand naby Port Edward aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink.
Jeremy Clarkson se kontrak nie hernieu
Die BBC het bevestig dat Top Gear-aanbieder Jeremy Clarkson se kontrak nie hernieu gaan word nie nadat hy en ʼn vervaardiger van die program glo in ʼn fisiese onderonsie betrokke was.
Man tronk toe na moord met skaapskêr
James Siff (42) is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof tot tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn man met ʼn skaapskêr vermoor het.
Twee sterf na girokopter neerstort
Twee mense is dood nadat ʼn girokopter Woensdagmiddag naby die Uitenhage-lughawe in die Oos-Kaap neergestort het.
Alle rybewyse dalk binnekort onwettig
Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, meen dit sal binnekort, vinniger as wat mens verwag, onwettig wees vir enige gemiddelde persoon om ʼn motor te bestuur.
Boek: Kamee
Die 24 verhale in hierdie bundel fokus op sentrale temas soos verlange, verlies, liefde en begeerte, wraak en menslike broosheid.
Beurtkrag Woensdag toegepas
Eskom het aangekondig dat beurtkrag van Woensdagmiddag af toegepas sal word.
Senior Valke-beampte vas vir omkopery
ʼn Senior beampte van die Valke in Durban is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en bedrog.
Video: Oulike water- en pepertoertjie
Beïndruk kinders en al jou vriende met jou “toorkrag” met hierdie eenvoudige eksperiment!
Boko Haram ontvoer glo meer as 400 in Nigerië
Ooggetuies in Damasak, Nigerië, beweer die terreurgroep Boko Haram het tussen 400 en 500 vroue en kinders ontvoer.
Karlien van Jaarsveld kry goud in net sewe dae
Karlien van Jaarsveld se jongste album, My hartjie, is nog net ʼn week op winkelrakke en het reeds goue status in verkope bereik
ToekomsVenster: Waar beleef jy God?
Fokus vandag op waar jy God nou beleef.
Seuntjie (4) brand erg op kleinhoewe
Graham van Heerden, ʼn vierjarige seun van Bronkhorstspruit oos van Pretoria, het verlede week erge brandwonde aan sy bolyf opgedoen terwyl hy op ʼn kleinhoewe, waar sy gesin pas ingetrek het, gespeel het.
Eensydige of gebalanseerde geskiedenis?
ʼn Ou Afrika-gesegde lui dat solank as wat die leeus nie kan praat en hulle nie hul eie storievertellers aanstel nie, die jagters altyd die beste daarvan sal afkom, skryf dr. Pieter Mulder in reaksie op eensydige artikels oor Jan van Riebeeck.
Luister: Hartklop-fees klop vir ʼn goeie doel
Die Hartklop-fees is nie net ʼn lekker musiekfees vir die hele gesin nie, maar ook ʼn musiekvertoning met ’n hart.
Sasolburg-huisbrand: Pa en dogter sterf ook
Die pa en dogter van Sasolburg wat verlede maand ernstige brandwonde opgedoen het tydens ʼn huisbrand, het aan hul beserings beswyk. Die brand wat vermoedelik deur die pa begin is, het ook die lewe van sy ander twee dogters dood geëis.
Luister: Koos Kombuis kuier met nuwe musiek in die Blou Hond
As jy Koos Kombuis se nuwe liedjies wil hoor, moet jy hierdie Donderdag in die Blou Hond-restaurantteater in Lynnwood, Pretoria, wees.