Liesl Laurie (24) van Eldoradopark in Johannesburg is Sondag in Sun City as Mej. Suid-Afrika 2015 gekroon. Foto’s volg onderaan die berig.
Lees meerAlles vir Sondag 29 Maart 2015
Video: Leeus pak krokodil
ʼn Video van ʼn paar leeus wat ʼn krokodil aanval, is baie gewild op sosiale media.
Ek gaan nie bedank nie, sê Vavi
Zwelinzima Vavi, Cosatu se hoofsekretaris, het Sondag gesê hy gaan nie uit die vakbondfederasie bedank nie.
DA eis antwoorde van Ramaphosa oor Eskom
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê adjunkpresident Cyril Ramaphosa moet ʼn omvattende verslag oor die stand van Eskom aan die land en die parlement voorlê.
Zuma-familie gebruik glo nie Weermag-helikopters
Die presidensie het Sondag ontken dat pres. Jacob Zuma se familie van Weermag-helikopters gebruik maak om tussen Durban en Nkandla in KwaZulu-Natal te reis.
Vermiste Boksburg-man dood aangetref
Wayne Alberts (32), wat op 14 Februarie in Boksburg verdwyn het, is dood aangetref.
N3 gesluit na polisie-skietery
Twee polisiebeamptes is glo Sondag tydens ʼn skietery met misdadigers op die N3 naby Modderfontein in Gauteng geskiet.
Toetslopie glo vir algehele verdonkering
Eskom het Maandag glo ʼn landwye simulasie-oefening gehou om te toets wat sou gebeur indien ʼn algehele kragineenstorting sou plaasvind, het die City Press berig.
Paartjie tydens klopjag op Paarl-plaas aangekeer
ʼn 36-jarige man en sy 34-jarige meisie is op ʼn plaas in Roggeland naby Mbekweni in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, die onwettige besit van ammunisie en die vervaardiging van dwelmmiddels.
Vierjarige uit motor geslinger
ʼn Vierjarige kind is beseer nadat hy tydens ʼn ongeluk in Benoni, Gauteng, uit ʼn motor geslinger is.
Twee kinders sterf in Jhb-ongeluk
Twee kinders is Saterdagaand dood en twee is kritiek beseer in ʼn ongeluk in Eldoradopark, Johannesburg.
Gedagte vir die dag: Minagting van God se genade
Vergeef ons ons oortredings soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree. (Matt 6:12)