ʼn Video van ʼn waaghals wat motorbestuurinstrukteurs die skrik op die lyf jaag, is die afgelope 10 dae al meer as 25 miljoen keer op YouTube gekyk.
Lees meerAlles vir Donderdag 2 April 2015
Parkeerassistent skryf Ferrari af
ʼn Parkeerassistent in Italië het ʼn Ferrari ter waarde van £300 000 (sowat R5,3 miljoen) afgeskryf nadat hy glo die versneller vir die rempedaal aangesien het.
Kenia-aanval: Studente glo onthoof
Talle studente is glo tydens Donderdag se aanval op die Garissa University College in Kenia onthoof.
Drie dood, talle beseer in Vrystaat-botsing
Drie mense, waaronder ʼn vierjarige kind, is Donderdagmiddag dood in ʼn botsing reg van voor op die N3 naby die Frankfort-afrit in die Vrystaat.
Boereoorlog-standbeeld aan die brand gesteek
ʼn Oorloggedenkstandbeeld op Uitenhage se markplein is Donderdag aan die brand gesteek, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Polisiemanne in hof vir poging tot moord
Twee polisiekonstabels van die Noord-Kaap het Donderdag in die Galeshewe-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en diefstal.
GPF-voorsitter in hof vir aanranding
Leonard Brown (57), voorsitter van die Noordwes gemeenskappolisiëringsforum, het Donderdag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding en dat hy ʼn beskermingsbevel verontagsaam het.
ToekomsVenster: Burgers van God se Koninkryk
“Jy is deel van God se koninkryk,” sê Ds. Jannie Pelser in vandag se ToekomsVenster-oordenking.
Video: Dis toe geen Aprilgek!
Het jy al ooit gewonder wat sou gebeur as iets wat te goed klink om waar te wees, tog die waarheid is?
Zuma se seun vir haatspraak verkla
Die Menseregtekommissie (MRK) het Donderdag bevestig dat hy ʼn klagte van haatspraak teen president Jacob Zuma se seun, Edward, ontvang het.
Man in hof oor Chabane-‘sluipmoord’ bewerings
ʼn Man het Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn nadat hy op sosiale media beweer het die ongeluk waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, dood is, was ʼn sluipmoord.
Gewilde winkelsentrum in Pretoria beroof
Vier gewapende mans het Donderdagoggend op die gewilde The Grove Mall in die ooste van Pretoria toegeslaan.
Video: Gys de Villiers, New York hier kom ons!
Gys de Villiers gesels oor sy besluit om New York toe te trek.
Só lyk die weer vir Paasnaweek
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag gesê dit sal meestal sonnig en warm oor die hele land wees oor die Paasnaweek, maar ‘n paar donderstorms word wel verwag.
Die waarde van geografie in ons lewens
Geografie is ʼn onmisbare deel van ons lewens. Ons is immers afhanklik van die aarde waarop ons bly en word dus sterk geraak deur natuurverskynsels, geologiese gebeurtenisse en atmosferiese stelsels.
Kenia-aanval: Dodetal styg tot 15
Minstens 15 mense is reeds dood nadat ’n groep van vyf gewapende mans die gebouekompleks van die Garissa University College in Kenia bestorm en beset het.
Redakteursbrief: Vier Paasfees voluit
Vier vanjaar met oorgawe Paasfees, want dis wat jy doen as jy lief is vir Iemand, skryf Susan Lombaard.
Oos-Londen-polisiekaptein geskiet
ʼn Polisiebeampte van Oos-Londen wat nie aan diens was nie is Woensdagmiddag geskiet en gewond toe hy glo twee verdagte mans wou aankeer.
Man vas ná vrou in N14-botsing sterf
ʼn Man is in hegtenis geneem ná Woensdag se botsing op die N14 in Monavoni, Centurion, waarin ʼn vrou dood en ʼn man en twee kinders ernstig beseer is.
Nog ’n Swartwater-boer op plaas aangeval
ʼn Boer van Swartwater in Limpopo is Woensdag helder oordag op sy plaas aangeval en van onder meer duisende rande se lone beroof.