Tien mense is Vrydagmiddag dood in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn minibustaxi op die N1 in Limpopo.
Lees meerAlles vir Vrydag 3 April 2015
Paartjie dood gevind op passasierskip
ʼn Paartjie van Ohio, in die VSA is dood aangetref aan boord van ‘n passasierskip nadat dit in Puerto Rico vasgemeer het.
Chrysler moet R1,7 miljard opdok na 4-jarige in motorbrand sterf
Die motorvervaardiger Chrysler moet $150 miljoen (sowat R1,7 miljard) aan ‘n gesin betaal wie se vierjarige seun dood is nadat ‘n Jeep Grand Cherokee waarin hy was aan die brand geslaan het toe ‘n ander motor van agter daarin vasgery het.
KZN-nudistestrand die naweek geopen
Mpenjati-strand naby Trafalgar aan die KwaZulu-Natalse suidkus sal oor die Paasnaweek nudiste-vriendelik verklaar word, na maande se aansoeke, appèlle en sterk teenreaksie.
Luister: Christo Davids oor die groot rol van ‘Tjokkie’
Christo Davids vertolk die rol van Tjokkie in die nuwe weergawe van ‘Siener in die Suburbs’ en Maroela Media het met hom gesels oor wat die rol vir hom beteken en hoekom hy dink dié storie so tydloos is.
Ses sterf in gru-ongeluk in KZN
Ses mense, waaronder ʼn kind, is Vrydag dood in ʼn botsing reg van voor op die R61 by die Shelly Beach-afrit aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
ANC-lid ontken hy sê wie soos prostituut aantrek
Victor Windvoël, ‘n ANC politikus in Mpumalanga, het ontken dat hy enige name genoem het toe hy ‘n opmerking gemaak het oor ‘n vroulike raadslid wat soos ‘n prostituut aantrek, berig City Press.
’n BSc, Tuberkulose en gróót drome
Om met tuberkulose te worstel terwyl jy vir ’n BSc-graad aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, sit nie in enigiemand se broek nie. Sandy van Niekerk het dit egter reggekry.
Twee sterf in Mpuma-botsing
Twee mans is Donderdagaand dood en ses mense is beseer in ʼn botsing reg van voor op die R40 buite Hazyview in Mpumalanga.
Groote Schuur-ontvoering: Interdik gevra om meisie te beskerm
Die regspan van die meisie wat as ‘n baba uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer is, gaan om ‘n dringende interdik aansoek doen om die media te verhoed om haar naam bekend te maak wanneer sy teen die einde van die maand 18 jaar oud word.
ToekomsVenster: Omskep ’n einde in ’n nuwe begin
Met God leer ons in die Bybel dat ‘n einde gou-gou ‘n nuwe begin word.
Standbeelde: ‘Prosesse moet gevolg word’
Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (Sahra) het gesê enige besluit wat geneem word oor die Cecil John Rhodes-standbeeld by die Universiteit van Kaapstad, moet die breër publiek se sienings in ag neem en in lyn wees met versoeningspogings.
Kenia-aanval: Dodetal styg tot 147
Die dodetal in Donderdag se aanval op die Garissa University College in Kenia het tot 147 gestyg.
Nuuskommentaar: Hoe leef en beleef ons die sewe kruiswoorde?
Meer as wat ons dalk besef, rig die sewe keer wat Jesus aan die kruis gepraat het, bekend as die sewe kruiswoorde, ons daagliks, skryf Herman Toerien. Dit rig en troos ons in ’n sondige wêreld.
Afrikaanse treffers 1976: Ramaja – Glenys Lynne
As daar één liedjie is wat werklik die grootste treffer van ʼn betrokke jaar was, dan was dit Glenys Lynne se treffer, ‘Ramaja’.