Alles vir Maandag 6 April 2015

Nuuskommentaar: Van Riebeeckdag

Van Riebeeckdag, of Stigtingsdag, is nie meer ’n amptelike vakansiedag nie, maar pres. Jacob Zuma se onlangse onbekookte aanvalle op Van Riebeeck en die huidige era van “beeldenstorm” plaas die kollig tog sterk op hoe die geskiedenis vertolk moet word, skryf Herman Toerien. Word alles vernietig wat nie vlekkeloos tot die geskiedenis bygedra het nie, bly net erg gepolariseerde gemeenskappe oor.