Talle gebruikers van Afrikaans struikel oor die betekenisverskil tussen die woorde “blykbaar”, “klaarblyklik”, “oënskynlik” en “skynbaar”. Taaltoffie stel ondersoek in.
Alles vir Donderdag 9 April 2015
Luister: Strikdas – ʼn familie gedoente
Die Afrikaanse rolprent Strikdas wat tydens die Paasnaweek op die grootskerm begin draai het, het meer as R1,2 miljoen by die loket verdien. Maroela Media het tydens die première van die rolprent met ʼn paar van die akteurs oor die fliek gesels.
KZN-meisie gelooi oor foto’s terwyl sy ry
Die departement van vervoer in KwaZulu-Natal het woedend gereageer nadat ’n student ’n foto van haarself geneem het terwyl sy bestuur en dit daarna op sosiale media gelaai het.
Louis Botha-standbeeld ook gevandaliseer
Die standbeeld van Louis Botha voor die parlement in Kaapstad is Woensdagaand met rooi verf besmeer.
Diamantdelwer-moordsaak: Sonnenberg op borgtog vrygelaat, begin van verhoor bekend
Johan Sonnenberg, ʼn 57-jarige diamantdelwer van die Hertzogville-omgewing in die Vrystaat wat verdink word van die moord op drie jong mans, is op borgtog van R100 000 vrygelaat.
In diepte: Die onderwêreld se eie spoor van geregtigheid
Vier jaar gelede, op Paasmaandag, is die omstrede rampokkerleier Cyril Beeka deur sluipmoordenaars op ’n motorfiets in Kaapstad doodgeskiet. Sy moordenaars is vandag nog op vrye voet en sedert sy dood het heelwat nuwe inligting oor die internasionale misdaadnetwerke se tentakels in die Suid-Afrikaanse onderwêreld bekend geraak, berig De Wet Potgieter.
Poskantoor verhoog stil-stil sy tariewe
Ten spyte van gereelde stakings en bewerings van wanbestuur, het die Suid-Afrikaanse Posdiens (SAPO) onlangs stil-stil sy tariewe verhoog.
Nuuskommentaar: Rassisme, kulturele terrorisme en (kulturele) volksmoord
Unesco het die vernietiging van antieke beelde deur die IS kulturele volksmoord genoem en ʼn dringende sitting van die Veiligheidsraad aangevra. Maar is Suid-Afrika onafwendbaar onderweg na iets soortgelyks, vra Herman Toerien
Oud-Bafana-speler, nege ander vas oor ‘kaping’
ʼn Voormalige Bafana Bafana-sokkerspeler is saam met nege ander verdagtes in Germiston aan die Oosrand in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vragmotor wat sigarette vervoer, probeer kaap het.
Man vas vir Pretoria-dubbelmoord
ʼn 46-jarige man word aangekla van moord nadat hy glo twee mense in Laudium in Pretoria doodgeskiet het.
Boston-bomplanter skuldig bevind
Dzhokhar Tsarnaev (21) is Woensdag skuldig bevind in verband met die Bostonse Marathon-bomontploffings en kan moontlik die doodstraf opgelê word.
Motorbrand-sterftes: Oupa ontvoer glo kleinseun
ʼn Oupa het glo selfmoord gepleeg en sy vierjarige kleinseun vermoor deur die motor waarin hulle was, aan die brand te steek in Azaadville buite Randfontein aan die Wes-Rand.
Rhodes-standbeeld vir eers verwyder
Die raad van die Universiteit van Kaapstad het laat Woensdagaand aangekondig dat die standbeeld van Cecil John Rhodes vir eers van die kampus verwyder gaan word.
Luister: Nuwe soort joga-oefeninge in Gauteng bekendgestel
Die nuutste oefengier het pas in Suid-Afrika geland, ʼn nuwe soort joga-oefening, wat nie net beloof om jou spiere te rek nie, maar jou ook te laat sweet teen ‘n warm 37 °C.
Afrikaanse treffers 1982: Die rugbyonthaal – Leon Schuster
Leon Schuster was nog een van die eerste kunstenaars wat ʼn kontrak by Decibel losgeslaan het en sy radioprogram was ook baie gewild.
Luister: Die waarheid oor leuenverklikkertoetse
Hoe betroubaar is leuenverklikkertoetse, in watter soort situasie sal hierdie soort toetse gepas wees en kan jy hierdie soort toetse fnuik?
Gedagte vir die dag: Die Koning kom weer
Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.” (Op 22:12-13)