Eskom het gesê daar is ʼn groot moontlikheid dat beurtkrag Vrydag toegepas kan word.
Alles vir Vrydag 10 April 2015
Bfn-moord: ‘Noeline se klasmaats sukkel om dit te verwerk’
’n Gedenkdiens word Saterdag vir Noeline Koekemoer, die 15-jarige meisie van Bloemfontein wat in ’n woonstel in Bainsvlei vermoor is, gehou.
Nog ʼn standbeeld in PE geskend
Die standbeeld van Koningin Victoria in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is met verf geskend.
Ondersoek: Het Vodacom Verbruikerswet oortree met kontrakverhogings?
Suid-Afrikaanse verbruikers met selfoonkontrakte by Vodacom is woedend nadat hulle verlede week in kennis gestel is dat hul intekengeld op van sy kontrakplanne van 1 Mei af styg.
Leerlinge ding mee in Pta vir plek in SA skaak-span
Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaaktoernooi vind tans plaas by Hoërskool Waterkloof, Pretoria.
Taxibestuurder wat advokaat glo sleep terug in hof
Die taxibestuurder wat Kim McCusker glo omgery en etlike meters ver gesleep het nadat sy onder die taxi beland het, sal na verwagting Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn.
Afrikaanse treffers 1983: Vyfster – Lloyd Ross
Teen die einde van 1982 was een van die heel beste Afrikaanse dramareekse tot nog toe op televisie te sien, naamlik die gevangenisdrama Vyfster.
Nuuskommentaar: Zuma het g’n benul van demokrasie
In die teenwoordigheid van Robert Mugabe het Zuma uitgehaal om te wys hoe rasbenepe hy self kan wees, en hoe min hy self van demokrasie weet, skryf Herman Toerien. Ook sy ampseed is vir ’n ses geslaan, en veral minderhede moet maar kennis neem dat Zuma se siening van “demokrasie” niks anders as ’n diktatuur van die (swart) meerderheid is nie.
Woord: ipekonders
Taaltoffie stel ondersoek in oor die woord “ipekonders” – as iemand homself verbeel dat hy ‘n ernstige kwaal onder lede het of voorgee dat hy siek is.
KZN-student sê jammer oor ‘foto’s terwyl sy ry’
Nicci Redelinghuys, die KwaZulu-Natalse student wat glo ’n foto van haarself geneem het terwyl sy motor bestuur en dit daarna op sosiale media gelaai het, het gesê sy het haar les geleer.
Twee gevonnis ná hulle jong pa voor vrou, kinders skiet
Twee van die mans wat Dawie Maree (27) sewe jaar gelede voor sy vrou en kinders doodgeskiet het, is Donderdag gevonnis.
Optrede geëis teen ‘rassistiese’ dosent by UJ
Die vakbond Solidariteit het in ’n skrywe aan die bestuur van die Universiteit van Johannesburg (UJ) aangedring dat daar dissiplinêr opgetree word teen een van die universiteit se dosente wat na bewering op sosiale media rassistiese aanmerkings teenoor wit mense gemaak het.
Gedagte vir die dag: Die skepping verheerlik God
Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie. (Rom 1:20)