Chantelle Bisschoff, die sanger Armand Hofmeyr se vriendin, is Sondagmiddag ná ʼn ongeluk op die N12 tussen Fochville en Potchefstroom geklap en gespoeg, glo deur ʼn man wat moontlik onder die invloed van alkohol bestuur het.
Lees meerAlles vir Sondag 12 April 2015
Foto’s: Betogings in Noordwes
Drie persone is Saterdag in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.
Baba verkool na pa huis aan die brand steek
ʼn 35-jarige man is Saterdag in Lichtenburg in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van moord, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging.
Man se liggaam buite lykshuis gestort
Die liggaam van ʼn man is uit ʼn lykshuis in Ratanda naby Heidelberg in Gauteng verwyder en buite die gebou gestort, het die polisie gesê.
Zuma vier sy 73ste verjaarsdag
President Jacob Zuma vier Sondag sy 73ste verjaarsdag.
Groot soektog na vermiste Lyttelton-tiener
Besorgde lede van die gemeenskap in Centurion, Gauteng neem Sondag aan ʼn soektog deel nadat Jane de Bruyn (16) Donderdag verdwyn het.
Helen Zille tree uit
Helen Zille het Sondag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg aangekondig dat sy haarself nie as leier van die Demokratiese Alliansie beskikbaar stel vir herverkiesing nie.
Video: Dís ʼn noue ontkoming!
Die gebruiker LiveLeak Videos het ʼn video op YouTube gelaai van ʼn bestuurder wat ternouernood ontkom het danksy sy vinnige reaksie.
Foto’s: Skaak al hoe meer gewild onder meisies
Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaaktoernooi het die afgelope week by Hoërskool Waterkloof in Pretoria plaasgevind. Vanjaar se toernooi was nog die grootste in die geskiedenis.
EFF skors drie hoës
Drie top-beamptes van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is Saterdag uit die party geskors, het Dali Mpofu, voorsitter van die party, in Johannesburg aangekondig.
Nóg polisielede ontplooi om xenofobie in KZN te bestry
Bykomende openbare-orde-polisielede is ontplooi om die plaaslike polisie in KwaZulu-Natal by te staan in die stryd teen xenofobie in die provinsie.
SAID eis nog R14 miljoen ná Malema glo jok
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) daarvan beskuldig dat hy gelieg het oor sy bron van inkomste en eis nou ʼn verdere R14 miljoen, het die Sunday Times berig.
Fase 2-beurtkrag Sondag ingestel
Eskom het Sondag aangekondig dat hy fase 2 beurtkrag vir die grootste deel van die dag sal toepas.
Foto’s: Vier beseer in Boksburg-ongeluk
Vier mense is Saterdagmiddag in ʼn ongeluk op die R554 in Boksburg, Gauteng, beseer.
Gedagte vir die dag: Staan op in ’n nuwe lewe
Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe. (Rom 6:8, 11)
Afrikaanse treffers 1985: Vier woorde- Louise Senekal en Jaco Pieterse
Hier is een van die vergete treffers van die jaar, selfs al het Bles Bridges en Gerrie Pretorius dit later opgeneem. Louise en Jaco het net een album saam vrygestel, en die enigste ander noemenswaardige treffer was Ek kom weer terug, wat oorspronklik deur Barbara Veenemans (Leonore se suster) opgeneem is.