ʼn Kerk is Sondagaand aan die brand gesteek gedurende ʼn gewelddadige betoging in Kalkfontein naby Kuilsrivier in die Wes-kaap.
Alles vir Maandag 13 April 2015
Nuuskommentaar: Die Z-vervaldatum
Groot uitdagings wag nou met Helen Zille se uittrede as leier op die DA. Ontleders verskil of die DA daardeur gaan baat of noustrop gaan trek. Wat wel waar is, is dat die land meer sou wen as dit die ander Z-faktor, Zuma, sou wees wat sy goed vat en loop.
Verf Oom Paul dan maar groen
Ons hou van onthou. En goeie onthou laat ons veilig voel. Daarom is ek so kwaad as hulle vir Oom Paul groen verf. Dit raak so ’n bietjie die veiligheid van my onthou, skryf Hannes Noëth.
EFF-lede beset Ballito-plaas
Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Sondag onwettig eiendom in Ballito, KwaZulu-Natal, beset.
Verdagtes geskiet ná hulle speelgoedgewere op polisie rig
ʼn Groep mans, glo onwettige myners, is oor die naweek in ʼn Hop-huisie in Daveyton, Gauteng, in hegtenis geneem.
WAT Woord van die Week: pedant
Die WAT Woord van die Week is “pedant”
3 000 Mpumalanga-skoliere swanger in 2014
Meer as 3 000 leerlinge het verlede jaar in Mpumalanga swanger geraak.
Man vas ná skending van Gandhi-standbeeld
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo die standbeeld van Mahatma Gandhi op Gandhi-plein in die Johannesburgse middestad geskend het.
Vrou sit sommer self sewe diewe agterna
ʼn Vroulike drankwinkeleienaar het ʼn bende van sewe mans agternagesit nadat hulle glo haar winkel in Orkney, Noordwes, beroof het.
Tzaneen-man steel glo helikopter wat hy verkoop het
Die Valke het Conrad Johannes Kruger (47) van Tzaneen in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy die ʼn helikopter, wat hy aan iemand anders verkoop het, gesteel het.
Vyf fietsryers in Brakpan-ongeluk beseer
Vyf persone is beseer nadat ses fietsryers mekaar Sondag op die Heidelbergpad in Brakpan, Gauteng, getref het.
Helené Bester is terug met ʼn nuwe enkelsnit
Nadat sy omtrent drie jaar gelede ʼn groot terugslag beleef het, is Helené Bester eindelik terug met ʼn nuwe enkelsnit.
Afrikaanse treffers 1986: ʼn Tikkie vryheid – Rina Hugo
Weer eens het Rina die kol getref met ʼn bestaande liedjie waarvoor daar Afrikaanse woorde geskryf het. Hierdie keer was dit Take away the heartaches van die Duitse sangeres Nicole wat Afrikaanse woorde gekry het.
Gedagte vir die dag: Ons vertrou op die Here
Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer. Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilige Naam vertrou ons. Hou u liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U. (Ps 33:20-22)