Ian Gibson, ʼn professionele jagter van Zimbabwe, is in die noorde van dié land dood toe ʼn olifantbul hom vertrap het, het sy maatskappy Donderdag gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 16 April 2015
Video: Grootste briefie vir pa in die ruimte
Die 13-jarige Stephanie kan nie net ʼn pen en papier optel as sy vir haar pa ʼn brief wil skryf nie, maar 11 Hyundai Genesis-karre het haar gehelp.
Wildbewaarder-kamp: De Koker sit lank
Alex de Koker, wat skuldig bevind is aan die 15-jarige Raymond Buys se moord, is Donderdag in die Vereeniging-streekshof gevonnis.
Ambassades maak gereed om burgers uit SA te ontruim
Somalië en Malawi se ambassades maak na bewering gereed om hul burgers uit Suid-Afrika te onttrek in die lig van xenofobiese geweld in Johannesburg, het die City Press berig.
Zuma moet jammer sê oor Jan – AfriForum
AfriForum Jeug is van mening dat pres. Zuma aanspreeklik gehou moet word vir sy onverantwoordelike uitlatings dat die land se moeilikheid met die koms van Jan van Riebeeck begin het.
Montecasino-moord: Tweeling vorder goed ondanks ouers se dood
Die tweeling wat wees gelaat is nadat hulle ma by geboorte oorlede is en hul pa ses maande daarna vermoedelik vermoor is, is “ongelooflik gelukkig” en toon goeie vordering.
Plaasaanval: Oos-Kaapse boer op plaas vermoor
Die polisie in Seymour in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 69-jarige boer op sy plaas vermoor is.
ToekomsVenster: God vergewe ons
Ds. Jannie Pelser vra ons in vandag se ToekomsVenster-oordenkig om die Here te dank vir die vergifnis wat jy elke dag vir jou mag toe-eien op grond van die offer van Christus.
Foto’s: Amalfi-skatkis
Op reis saam met Marianne deur Italië: kom ontdek Amalfi, Capri, Pompeii en Positano saam met haar.
Xeno-betogings vlam op in Durban tydens vredesoptog
Geweld het Donderdag tussen polisielede en pro-xenofobiese betogers in Durban uitgebreek, kort voor ‘n vredesoptog teen xenofobie tot ʼn einde gekom het.
Video: Inheemse visse krities vir gesonde ekostelsel
Suid-Afrika het meer as 60 inheemse visspesies. Verskeie van hierdie spesies word deur uitheemse visse, besoedeling en mense se onkunde bedreig.
SIKMF bied oorsese studiebeurskompetisie aan
Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees (SIKMF) het ʼn internasionale studiebeurskompetisie, wat ’n musiekstudent in staat sal stel om sy of haar musiekstudies by ’n erkende instelling oorsee voort te sit, bekend gestel.
Video: Onmin op Philipstown
Elf skoolkinders het in die hof op Philipstown in die Karoo verskyn op aanklagte van openbare geweld.
LUR se kind (8) doodgery
Die LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga se agtjarige dogter is Woensdag in Ermelo doodgery.
Skoksyfers oor kleuters se eetgewoontes onthul
Sowat een uit elke tien kleuters kry hulle enigste maaltyd van die dag by ʼn kleuterskool. ʼn Verdere 22,2% van kleuters kry net nog een maaltyd tuis.
Video: Slimste truuks vir jou selfoonkamera
Hierdie paar eenvoudige wenke sal jou soos ʼn wafferse professionele fotograaf laat lyk met jou selfoonkamera!
Kulturele vryheid kan ’n antwoord op monumentkrisis bied
Die ontsteltenis en woede wat die afgelope twee weke oor die vandalisering van Westerse standbeelde en monumente losgebars het, is tekenend van diep verdelings in ons samelewing, skryf Flip Buys.
Polisiemanne hou glo gekaapte kar
Twee Gautengse polisiebeamptes moet Vrydag in die hof verskyn nadat hulle glo ʼn gekaapte motor waarop hulle beslag gelê het, gehou het.
Bfn-tienermoord: Sy het nie verdien om só wreed te sterf, sê ma
Die ma van die vermoorde 15-jarige Noeline Koekemoer van Bloemfontein, het Donderdag gesê haar dogter was “haar alles” en het nie verdien om só te sterf nie.
Afrikaans 90: Vra my in my taal
“Hierin lê die gronddwaling van die taaldebat: dit is nie Engels of Afrikaans nie; dit is nie óf Afrikaans óf ’n suksesvolle Suid-Afrika nie, want diversiteit veronderstel én suksesvolle moedertale én ’n suksesvolle veeltalige demokrasie,” skryf prof. Hans du Plessis.