Talle gebruikers van Afrikaans sukkel soms met die gebruik van die woord “oorboord” (Engels: overboard). Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting.
Alles vir Donderdag 16 April 2015
‘Nou is jy in die k*k’; toe skiet hy
ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy op die pad tussen Bloemfontein en Bultfontein op André Smit, ʼn dieselwerktuigkundige van Virginia, geskiet het.
Motor van vermiste Kaapse onderwyser gevind
Die motor van Dean Dempsey, ʼn 24-jarige onderwyser van Malmesbury in die Wes-Kaap wat oor die naweek spoorloos verdwyn het, is verlate in die Oos-Kaap opgespoor.
‘Rassehaat’-veldtog by Tukkies gekap
Afriforum Jeug het Woensdag gesê ʼn veldtog deur die South African Students Congress (Sasco) op die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) vuur rassehaat onder studente aan.
Nkandla-komitee aangestel
Die parlement het aangekondig dat ʼn komitee aangestel sal word om die polisieminister se verslag oor die opgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning te hanteer.
Bomdreigement by Gerrie Nel se huis
Die staatsaanklaer adv. Gerrie Nel se huis is ontruim nadat die polisie inligting ontvang het dat daar dalk ʼn bom in die huis is.
Luister: ATKV vereer legendes in die kunste
Die ATKV het Woensdag ʼn paar legendes vereer vir hul lewenslange bydrae tot die kunste in Suid-Afrika.
Boek: Dit kos guts om te bly glo
Stephan Joubert wys in hierdie heruitgawe van sy klassieke boek dat daar ook plek by God is vir mense wat twyfel en worstel.
Video: Verbruikersakehof heropen
Die Gautengse Verbruikersakehof het ook onlangs heropen.
Agtjarige kritiek ná hy voor motor beland
ʼn Agtjarige seun van KwaZulu-Natal is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Donderdagoggend deur ʼn motor raakgery is terwyl hy skool toe gestap het.
Polisie snoer kragte saam om standbeeldskendings en xenofobiese aanvalle te beveg
In die lig van die vlaag standbeeldskendings landwyd en xenofobiese aanvalle in KwaZulu-Natal en Gauteng, het genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, aangekondig dat verskeie nasionale gesamentlike operasiesentrums (Natjoints) geaktiveer is.
Nuuskommentaar: Afrikaans só uit die Grondwet gesteel
Die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap het pas sy taalbeleid volgens die Suid-Afrikaanse Talewet (SAT) vir kommentaar beskikbaar gestel, waarvolgens Afrikaans “afgeskaf” word, maar isiZulu en Sepedi wel saam met Engels tot hul reg kom. Maar is Sansa se optrede grondwetlik, of adem dit minstens die gees van die Grondwet? vra Herman Toerien.
Innoverende mediese produk uit noodsaak gebore
Nadat Nico Basson 16 weke in die hospitaal moes deurbring met verbande wat nie nat mag word nie, het hy ’n mediese produk ontwerp wat dié probleem oorbrug.
Resep: Familiesop
Tannie Poppie sê: Hou die deksel dig toe – moenie loer nie!
Ses vas vir Absa-bankroof, werker steeds soek
Ses mense het in die Mhala-landdroshof in Mpumalanga verskyn weens ʼn onlangse bankrooftog waartydens R1,2 miljoen geroof is.
Winkel oornag in Jhb geplunder
ʼn Winkel is Woensdagnag in Malvern, Johannesburg, geplunder nadat skermutselinge die dag tussen buitelanders en plaaslike inwoners in die sentrale sakedistrik uitgebreek het.
Wildbewaarder-kamp: Moordenaars hoor vandag hul lot
Alex de Koker en Michael Erasmus, die mans wat skuldig bevind is aan die moord op Raymond Buys (15) ná gebeure by ʼn wildbewaarderkamp, sal Donderdag in die Vereeniging-streekshof gevonnis word.
Montecasino-moord: Blom was gebroke man ná vrou se dood, hoor hof
Dustin Blom, wie se liggaam in die kattebak van sy motor by Montecasino gevind is, was ʼn gebroke man nadat sy vrou dood is tydens die geboorte van hul tweeling, het die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, gehoor.
Hof beslis ten gunste van Malema oor Marikana-uitlatings
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag ten gunste van die EFF beslis na aanleiding van uitlatings wat Julius Malema, leier van die EFF, in die parlement oor Marikana gemaak het.
Zuma: ‘Stop xeno-moorde’
Pres. Jacob Zuma het Woensdag die xenofobiese geweld, wat reeds tot die dood van minstens vyf mense in Durban, KwaZulu-Natal, gelei het, ten sterkste veroordeel.