Die boek is vir almal wat wil bak – om te verkoop of net vir die lekker.
Alles vir Vrydag 17 April 2015
Moslemvlugtelinge gooi glo Christenvlugtelinge oorboord
Die Italiaanse polisie het 15 Moslemvlugtelinge wie se boot hulle pas uit die Middellandse See gered het, in hegtenis geneem nadat 100 ander vlugtelinge op die boot vertel het dié 15 het 12 Christene oorboord gegooi. Die 12 het na berig word almal verdrink.
Nuuskommentaar: Kyk ook by xenofobie verby na groter prentjie
Vakkundiges uit verskillende vakgebiede het lank reeds die wiel ontwerp en presies bepaal wat aanleiding gee tot die soort geweld wat Suid-Afrika nou beleef. Ideologie en blaampolitiek veroorsaak egter dat die wiel deurentyd opnuut ontwerp probeer word, en dat reeds verpakte oplossings stof vergaar.
Sneeufoto’s: Bibberweer vir die naweek voorspel
Die koudste naweek tot dusver vanjaar lê vir Suid-Afrikaners voor met sneeu wat reeds op plekke in die Oos-Kaap aangemeld is.
Redakteursbrief: Durban, Centurion, Adelaide: ‘Mens se mense bly jou mense’
Om ‘n ontbyttafel ontdek sy, “Jou mense bly jou mense, waar jy jou ook al in die wêreld bevind”. Lees Susan Lombaard se redakteursbrief aan jou.
Woord: hittete
Ken jy die woord “hittete”? Gebruik jy dit gereeld? Taaltoffie stel ondersoek in oor dié woord.
Rekenaartegnologie vir tuisonderrig
In talle lande het tuisonderrig en afstandsonderrig aanvaarde opsies in die onderwyssektor geword. Beide die skoolsektor en die hoëronderwyssektor ervaar ’n ontploffing ten opsigte van rekenaartegnologie as middel tot leer.
12 vas vir plundering in Jhb
Altesaam 12 mense is Donderdagnag in Jeppestown in Johannesburg in hegtenis geneem vir die plundering van buitelanders se winkels.
Wes-Kaapse polisiehoof glo vas vir korrupsie
ʼn Top Wes-Kaapse polisiebeampte sal na verwagting Vrydag saam met nog vier beamptes en ’n sakeman in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie, geldwassery en rampokkery.
Afrikaanse treffers 1990: Ek glo – Anneli van Rooyen
Anneli van Rooyen het die derde kunstenaar geword wat meer as een Treffer van die Jaar gehad het. Dit was egter nie maklik nie, want daar was ʼn hele aantal liedjies wat ook met die louere sou kon wegstap.
2 skoolkinders sterf ná voertuig rol
Twee skoolkinders is dood en verskeie is beseer nadat ʼn voertuig wat hulle vervoer het in KwaZulu-Natal teen ʼn steilte afgerol het.
Bob Hewitt vandag gevonnis
Die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (75) sal Vrydag in die Noord-Gauteng-hooggeregshof gevonnis word nadat hy aan verkragting en onsedelike aanranding skuldig bevind is.
DA-leier: Wie gaan oorneem by Zille?
Nominasies vir die leierskapposisies in die DA sluit oor ʼn week en daar is steeds heelwat bespiegeling oor wie moontlik by Helen Zille as partyleier gaan oorneem.
Man in hof oor wildtuin-ontvoering, diefstal
ʼn Werknemer van die Londolozi-wildreservaat wat daarvan beskuldig word dat hy ’n kollega ontvoer en meer as R5,2 miljoen gesteel het, het in die Nelspruit-streekshof verskyn.
SAL wil glo grootskaalse herstrukturering doen
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het sy werknemers glo in kennis gestel dat hy binnekort grootskaalse herstrukturering sal ondergaan.
Resensie: Strikdas, die filmklankbaan
Hoewel baie van die musiek uit die rolprent Strikdas op ʼn jonger gehoor gemik is en dalk effens vreemd klink, is daar darem ook snitte wat by ʼn groter gehoor byval sal vind.
Gedagte vir die dag: Hoop en wanhoop
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom 15:13)