Die nuwe leier vir die DA in die Wes-Kaap is Saterdag bekend gemaak.
Lees meerAlles vir Saterdag 18 April 2015
Soektog na kleuter wat by kinderpartytjie verdwyn
ʼn Soektog is van stapel gestuur na ʼn kleuter wat Saterdagmiddag by ʼn kinderpartytjie in Centurion verdwyn het.
Twee wat glo steel in Jeppestown doodgeskiet
Twee mans is Saterdag in Jeppestown in Johannesburg doodgeskiet deur ʼn man wat hulle daarvan beskuldig het dat hulle geld van hom gesteel het.
Jhb-metro het mes in vir karvensterwassers
Meer as 500 mense is vanjaar in Johannesburg in hegtenis geneem tydens ʼn spesiale operasie deur die Johannesburgse metropolisie om onwettige motorvensterwassers van die stad se strate te verwyder.
Mmusi Maimane staan as DA-leier
Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, het Saterdag op die party se kongres in Kaapstad aangekondig dat hy ʼn benoeming aanvaar om as DA-leier te staan.
Beitbrug maak reg vir terugkerende Zimbabwiërs
Die Beitbrug-grenspos maak gereed om die eerste groep van meer as 1 500 Zimbabwiërs wat wil terugkeer na hul tuisland te ontvang weens die vlaag xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika.
Petroltenkwa ontplof by vulstasie
ʼn Petroltenkwa het Saterdag in die parkeergebied by ʼn vulstasie op die N3 in Cato Ridge, KwaZulu-Natal, ontplof.
Joernaliste besteel terwyl hulle Durban-onluste dek
Twee mans is in Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo by ʼn voertuig van joernaliste van die SAUK ingebreek het terwyl die mediaspan besig was om die onluste in Durban te dek.
Fase 2-beurtkrag in werking
Eskom het Saterdag aangekondig dat fase 2-beurtkrag in werking gestel is.
Twee sterf in Jhb ongeluk
Twee mense is dood en ses is beseer nadat ʼn minibustaxi Saterdagoggend in Johannesburg gerol het.
Afrikaanse treffers 1991: ʼn Dans met Pa – Johan Stemmet
Dit was ʼn groot jaar vir Johan Stemmet – nie net het hy die Treffer van die Jaar gehad nie, maar Noot vir noot was die eerste keer op televisie te sien met hom as aanbieder.
Gedagte vir die dag: Vrees
Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. (Jes 41:10)