Die gebruiker BuzzFeedBlue het ʼn video op YouTube gelaai van 10 dinge wat bykans onmoontlik is om te doen. Is jy reg vir die uitdaging?
Lees meerAlles vir Dinsdag 21 April 2015
100 brandbestryders met heli’s na brand by hotel
Meer as 100 brandbestryders moes met helikopters vervoer word om ʼn brand by ʼn hotel in Switserland onder beheer te bring.
Egipte se Morsi sit lank
Mohammed Morsi, Egipte se ontsetelde president, is Dinsdag tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die inhegtenisnemings en marteling van betogers toe hy aan bewind was.
Polisie van Oos-Kaap gaan Mandaryns leer
Die polisie in die Oos-Kaap leer van Dinsdag hoe om Mandaryns te praat in ʼn poging om die kommunikasiegaping te oorbrug wanneer beamptes Chinese gemeenskappe polisieer.
Lamoer en drie brigadiers geskors
Die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris, genl. Arno Lamoer en drie brigadiers, is Dinsdag met betaling geskors.
Pta-polisielede vas oor huisroof
Vier polisiebeamptes, tussen 31 en 51 jaar oud, is Dinsdagoggend in Sinoville in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn huis in Akasia, Pretoria, beroof het.
ToekomsVenster: Hy het mag oor sonde
As ons regtig so barmhartig soos God is, sal ons sondaars se verkeerde dade nie teen hom of haar hou nie, sê ds. Jannie Pelser in vandag se ToekomsVenster-oordenking.
Ermelo-gemeenskap trek rowers blitsig vas
Vyf verdagtes is Dinsdagoggend aangekeer kort nadat hulle glo ʼn inwoner van Ermelo in Mpumalanga beroof en aangerand het, danksy die samewerking van beveiligingsnetwerke, plaaslike veiligheidsdienste en die polisie.
Gedenkdiens ná graad 1-seun sterf by skool
ʼn Gedenkdiens word eersdaags vir Divan Joubert, die graad 1-leerder aan die Laerskool Standerton in Mpumlanaga wat Maandagoggend by die skool oorlede is, gehou. Rudi…
Resep: Kaas-en-spekpasteitjies
Dié lekker pasteitjies kan saam met slaai as aandete voorgesit word, of maak kleintjies vir peuselhappies of padkos. Dit is ook die perfekte kinderpartytjiekos.
Luister: Womentality-slypskool leer vroue van vreesloos vrouwees
Dié gewese Mejuffrou Suid-Afrika, Melinda Bam, en gewese Mejuffrou Suid-Afrika Eerste Prinses, Anja van Zyl, reis tans die land plat met hul Womentality-slypskool waar hulle verskeie aspekte van vrouwees met meisies en jong vroue bespreek.
Goeie nuus: Dit reën komberse by die Uniegebou
Die Uniegebou was ʼn reënboog van kleur Dinsdagoggend nadat meer as 21 000 handgemaakte komberse op die trappe van die landmerk in Pretoria uitgestal is.
Papegaaie roep om hulp tydens brand
Daar was Vrydag groot verwarring tot noodreddingspanne op ʼn brand in Idaho in Amerika reageer het.
Meer as 600 km/h in ‘n trein
Japan se maglev-trein het Dinsdag tydens ʼn toetslopie teen 603 km/h die wêreldspoedrekord verbeter.
Swanger vrou vertel van hameraanval wat verloofde se lewe eis
In plaas daarvan dat ʼn jong vrou van Secunda in Mpumalanga die finale reëlings vir haar droomtroue tref, moet sy nou help reël aan die pa van haar kinders se begrafnis, nadat sy en haar verloofde Vrydag in die dorp wreed met ʼn tweepondhamer aangeval is.
Xenofobie: Weermag in Alexandra ontplooi
Die Suid-Afrikaanse weermag is Dinsdag in Alexandra, noord van Johannesburg, ontplooi waar xenofobiese geweld oor die afgelope paar dae gewoed het.
Eerlike man veroorsaak opskudding op sosiale media
ʼn Afgetrede sakeman van Port Elizabeth se eerlikheid het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak nadat hy op ʼn groot bedrag geld afgekom het en nou die ware eienaar probeer opspoor.
Luister: Nuwe aanlynstelsel help skole met dissipline
Immergroen Ouerskap het ʼn nuwe aanlynstelsel ontwikkel wat skole kan help om dissipline met deernis toe te pas.
Goeie nuus: Enigiemand kan ʼn verskil maak!
ʼn Man wat daagliks verby ʼn besoedelde waterfront gery het, het besluit om nie net bloot op sosiale media daaroor te kla nie, maar daadwerklik iets daaraan te doen.
Honde met gholfstok gedood; man kry borg
Die man wat na bewering sy bure se drie honde met ’n gholfstok doodgeslaan het, het Dinsdagoggend in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn.