Luister na Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties se gedig, “Stilte”
Alles vir Woensdag 22 April 2015
Meisie (6) sterf toe hek op haar val
Chené Pretorius (6), ʼn gr. 1-leerling aan die Laerskool Oosterkruin in Germiston, is dood toe ʼn motorhek by ʼn naskoolsentrum op haar geval het.
Boek: Olinosters op die dak
Daniel kuier by Ouma en Oupa. Toe dit aand word en tyd om te gaan slap, lees Oupa eers vir Daniel ‘n storie. Toe sing Ouma vir hom ‘n liedjie. Maar die bed is vreemd, en Daniel voel baie ongemaklik… hy verlang na sy eie kamer en sy eie bed. En hy hoor geluide! Dit klink soos… soos ‘n hele trop OLINOSTERS wat op die dak dans en spring!
Nuuskommentaar: Weg met pessimisme, nou gaan ons doen!
Hou op om in pessimisme te kritiseer en kla oor “niks” wat aan die verslegtende situasie in Suid-Afrika gedoen word nie. Steek die hande uit die noue en word deel van die oplossing. Ondersteun die doen-beraad wat Solidariteit vir 5 Mei beplan.
Secunda-hameraanval: Slagoffer Vrydag ter ruste gelê
Lourens de Lange (23), een van die slagoffers wat gesterf het nadat vyf mense Vrydag deur ʼn 19-jarige man lukraak met ʼn tweepondhamer in Secunda in Mpumalanga aangeval is, se begrafnisreëlings is bekend gemaak.
Onnie wat spoorloos verdwyn glo ontvoer
Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat Dinsdagoggend spoorloos verdwyn het, is volgens haar familie ontvoer.
Nuwe vrystelling: Die Grootste Afrikaanse Liedjie-CD
ʼn Splinternuwe verwerking van Koos du Plessis se immergroen treffer, “Kinders van die Wind”, is maar een van die liedjies wat Afrikaanse musiekliefhebbers te wagte kan wees op die dubbel-CD, “Die Grootste Afrikaanse Liedjie”.
Broers sterf in Pta-botsing
Twee broers is dood nadat hul motor Dinsdagaand teen ʼn vragmotor op die N4-snelweg in Pretoria gebots het.
Zimbabwiese man en vrou in Alexandra geskiet
ʼn Zimbabwiese man en vrou is Maandagaand in hul huis in Alexandra, noord van Johannesburg, geskiet.
Xeno-klopjag by Jeppestown-hostel
Die polisie en lede van die weermag het Dinsdagaand ʼn klopjag gehou by die Jeppestown-hostel in Gauteng in ʼn soeke na vuurwapens.
Resensie: Reisiger – Saarkie
Deur die jare was daar tot dusver maar min Suid-Afrikaanse groepe wat net uit vrouelede bestaan en volgehoue sukses in die plaaslike musiekbedryf behaal het.
SANParke veroordeel xenofobie
SANParke het Dinsdag gesê hy veroordeel ten sterkste die onlangse vlaag xenofobiese aanvalle in verskeie dele van die land.
Só is Jackson vermoor, sê Louca
George Louca het Dinsdag sy weergawe van die gebeure van Lolly Jackson se moord in die Palm Ridge-landdroshof voorgehou.
Gedagte vir die dag: Konflik in die huis
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matt 11:28-30)