Agri Securitas se trustfonds, wat geldelike steun aan deurlopende landelike pro-aktiewe beveiligingsprojekte teen plaasmisdaad verleen, het op sy jongste vergadering bevestig dat kamerastelsels vir die Van Stadensrus-gebied in die Vrystaat asook in die Tuinplaas-omgewing in die Limpopo-provinsie goedgekeur is.
Alles vir Donderdag 23 April 2015
Oorsaak van 6-jarige se hekdood steeds ondersoek
Die omstandighede wat tot die dood van die sesjarige Chené Pretorius gelei het nadat ʼn motorhek Maandag by ʼn naskoolsentrum op haar beland het, is steeds onduidelik.
Kaapse onnie steeds soek, vermoedelik dood
Daar bestaan ʼn sterk moontlikheid dat Dean Dempsey, die 24-jarige onderwyser van Malmesbury in die Wes-Kaap wat twee naweke terug spoorloos verdwyn het, moontlik sy eie lewe geneem het.
Taalgebruik: noem of vernoem?
Talle gebruikers van Afrikaans wonder soms of iemand na iets “genoem” of “vernoem” word. Taaltoffie stel ondersoek in.
Moord op PE-onnie: Polisie ontken gerugte oor verdagte
Die polisie het gerugte ontken dat ʼn man wat twee maande gelede in hegtenis geneem is in verband met ‘n kaping en op borgtog uit was, nou met die moord op Jayde Panayiotou (28) verbind word.
Boek: Dink jouself gelukkig
Wêreldbekende spreker Pieter van Jaarsveld wys hoe jy jou lewe kan omkeer.
Resep: Gekrummelde mac-en-kaasskywe
Dié kindergunsteling word met ’n lagie bros krummels gemaak.
Drie ‘misdadigers’ deur gemeenskap gedood
Drie mans van Tonga in Mpumalanga is Dinsdag deur lede van die gemeenskap doodgeslaan nadat hulle van verskeie misdade insluitend roof en verkragting beskuldig is.
Nuuskommentaar: Afrikaans na Jurassic Park, of net die Afrikaner?
Is Afrikaans soos die beelde van sy eertydse helde skynbaar onafwendbaar vir ’n soort Jurassic Park bestem, of gaan Afrikaans tot in die mees moderne tegnologiese kuberruimte sy man staan?
Jong mans weer groep huisrowers af
ʼn 24-jarige huiseienaar en sy vriend het Dinsdagaand ʼn aanval deur sewe gewapende mans by hul woonstel in Bloemfontein afgeweer.
Beurtkrag: Niks vir die dag, risiko hoog vir die nag
Eskom het Donderdag gewaarsku dat die moontlikheid om in die aand beurtkrag toe te pas, hoog is.
Anti-xenofobie-optog vandag in Jhb
David Makura, premier van Gauteng, en Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, sal Donderdag aan ʼn anti-xenofobie-optog deur die stad deelneem.
Gemeenskap ruk op ná moord op ‘geliefde’ onnie
Nagenoeg 4 000 mense het Woensdagaand ʼn optog na die Kabega Park-polisiestasie gehou om geregtigheid te eis vir Jayde Panayiotou (28), die onderwyser van Port Elizabeth wat ontvoer en vermoor is.
Malema paai wit boere
Suid-Afrika se wit boere moet ophou sensitief wees en deelneem aan kritiese debatte oor die transformasie van landbou en ander emosionele kwessies, het Julius Malema, leier van die EFF, tydens ʼn forum in die Wes-Kaap gesê.
Brandbestryders sterf ná heli val
Twee brandbestryders is Woensdagmiddag dood nadat hul helikopter in Bainskloof naby Wellington in die Wes-Kaap neergestort het.
Herinnerings aan Sias Reinecke
Die bekende Afrikaanse sanger en voormalige lid van Groep Twee, Sias Reinecke, is op hierdie dag in 1940 gebore.
Gedagte vir die dag: Opregte liefde
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. (Rom 12:9)