Charlie en Harry het oornag ‘n internetsensasie geword nadat hul pa ʼn video op YouTube gelaai het van Charlie wat Harry se vinger byt.
Lees meerAlles vir Vrydag 24 April 2015
Brittanje se jongste orgaanskenker net 2 uur oud
ʼn Pasgebore baba wat vir minder as twee uur geleef het, het Brittanje se jongste orgaanskenker geword.
Chili-vulkaan bars twee keer uit ná 40 jaar se stilte
Twee uitbarstings kort na mekaar van die vulkaan Calbuco, in die suide van Chili, het die klein dorpie Ensenada met ʼn askombers bedek.
Oud-Valke-kaptein vas ná reuse transitoroof
ʼn Voormalige kaptein in die Valke is in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn transitorooftog waartydens R107 miljoen gesteel is.
Zuma se seun kap Max du Preez
Pres. Jacob Zuma se seun, Edward, het behoorlik uitgevaar teen Max du Preez nadat laasgenoemde koning Goodwill Zwelithini in ʼn rubriek gekritiseer het.
Nege vas oor rooftog
Nege mense is Vrydag in Yeoville, Johannesburg, in hegtenis geneem in verband met ‘n rooftog by ‘n selfoonwinkel in Heidelberg vroeër die dag.
Stellenbosch-bylmoorde: Verdagte glo binnekort vas
ʼn Verdagte behoort glo binne die volgende twee weke in hegtenis geneem te word in verband met die bylaanval op die Van Breda-gesin in hul huis op die De Zalze-landgoed net buite Stellenbosch, het Eikestad Nuus berig.
ToekomsVenster: Hy assosieer Hom met stukkende mense
“Hoe gaan jy vandag God se lig weerkaats?” vra ds. Jannie Pelser in vandag se ToekomsVenster-oordenking.
Mensgemaakte aardbewings beter voorspel: Sowat 200 aardbewings per maand skud Oklahoma
Die waarneming dat aardbewings in die sentrale en oostelike dele van die VSA sedert 2000, en veral 2009 skerp toeneem, is pas bevestig in ’n nuwe verslag van die Amerikaanse geologiese opname-agentskap, die USGS.
Moord op PE-onnie: Wees op die uitkyk uit vir hierdie juwele
Die polisie het foto’s uitgereik van die vermoorde Port Elizabeth-onderwyseres, Jayde Panayiotou (28), se verloof- en trouringe wat tydens haar ontvoering en moord gesteel is.
Luister: Laurika Rauch gesels oor ‘Kinders van die wind’
Susan Botha, omroeper by GrootFM, het tydens die bekendstelling van Die CD ‘Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye’ met Laurika Rauch gesels oor die liedjie ‘Kinders van die wind’, haar loopbaan en die Afrikaanse taal.
Egpaar aangerand ná rowers honde vergiftig
Die polisie is opsoek na vier verdagtes nadat ʼn egpaar van Bronkhorstspruit in Gauteng Donderdagoggend in hul huis oorval en aangerand is.
Drie vas vir roof in Bela-Bela
Drie gewapende rowers is Vrydagoggend vasgetrek, minute nadat hulle probeer het om ʼn klerewinkel in Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo te beroof.
Video: Lika Berning en Thierry Ballarin gesels oor ‘French Toast’
Die nuwe rolprent French Toast begin vandag op die grootskerm draai. Maroela Media het ʼn draai gaan maak in die gelyknamige koffiekaffee om met ʼn paar van die akteurs te gesels oor dié fliek en hoe die Franse en Afrikaanse kultuur oorvleuel.
Sluipslaper val glo Benoni-wag aan
ʼn 45-jarige veiligheidswag en ʼn 30-jarige sluipslaper is in die hospitaal ná ʼn voorval Donderdagaand by ʼn vulstasie in Benoni aan die Oos-Rand.
Video: Die bekendstelling van ‘Die Grootste Afrikaanse Liedjie’-CD
Maroela Media het tydens die bekendstelling van die CD ‘Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye’ wat by GrootFM gehou is, gesels met ʼn paar van die musikante wie se stemme te hoor is op dié album weergawe. Maroela Media se uitvoerende hoof, Susan Lombaard, gesels ook oor die sukses van die veldtog.
Boeke open wêrelde – en harte
Die ATKV wou met ʼn nuwe tradisie begin om Wêreldboekedag te vier en twee ATKV-werknemers het verstom gestaan oor hoe die geskrewe woord wel wêrelde kan oopmaak.
SAL-hoof bedank ná skikking
Monwabisi Kalawe, geskorste hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het met onmiddellike effek bedank.
Bfn-tienermoord: Verdagte was uit op borgtog
Die man wat aangekla word van die moord en verkragting van die 15-jarige Noeline Koekemoer van Bloemfontein, was uit op borgtog toe sy vermoor is.
Valke se ondersoek na NWU-skenking mag nog lank neem
Die Valke sal moontlik eers in Junie wegspring met ʼn formele ondersoek na ʼn skenking van R10 miljoen wat die Noordwes-Universiteit (NWU) aan ʼn trust gemaak het.