ʼn Familie van Durban wat Sondag as vermis aangemeld is nadat hulle op pad was na die basiskamp van die berg Everest toe ʼn sneeustorting op die berg plaasgevind het, is gevind.
Lees meerAlles vir Sondag 26 April 2015
PE-moord: Identikit uitgereik
Die polisie het Sondag ʼn identikit uitgereik van ʼn man wat moontlik verbind kan word met die ontvoering en moord van Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat Dinsdagoggend verdwyn het.
MRK gedreig oor ondersoek na uitlatings van Zoeloe-koning
Veiligheid moes dringend by die Durban-kantore van die Mensregtekommissie (MRK) opgeskerp word nadat ʼn reeks gewelddadige dreigemente ontvang is.
Honderde Jhb-motoriste vas vir dronkbestuur
Die metropolisie het die afgelope naweek 438 motoriste by padblokkades in en om Johannesburg in hegtenis geneem.
Twee van SA op Britse lys van rykstes
Twee Suid-Afrikaners is onder die 20 rykstes ter wêreld volgens die Britse Sunday Times se “Rich List”, ’n lys van die 1 000 rykste mense en families.
Familie van Durban vermis ná Nepal-aardbewing
ʼn Suid-Afrikaanse familie is desperaat op soek na vyf familielede wat op pad was na die basiskamp van die berg Everest toe ʼn aardbewing Nepal Saterdag getref en ʼn sneeustorting op Everest veroorsaak het.
Malema: ‘Zuma was deur geheime donateurs gefinansier’
Julius Malema, partyleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het in ʼn beëdigde verklaring gesê hy het eerstehandse kennis van donateurs wat pres. Jacob Zuma deur duistere trustfondse gefinansier het.
Rowers skiet Umhlanga-man
ʼn Inwoner van Glen Anil, net suid van Umhlanga in KwaZulu-Natal, is Saterdag gedurende ʼn gewapende roof geskiet.
Vyf sterf in Gauteng-botsing
Vyf mense is dood toe twee voertuie Sondagoggend vroeg op die N14 in Gauteng gebots het.
Saartjie Baartman-gedenkteken geskend
Die Saartjie Baartman-gedenkteken in Hankey in die Oos-Kaap is Saterdag met wit verf geskend.
Heilbron-stadsaal aan die brand gesteek
Die stadsaal in Heilbron in die Vrystaat is Sondag in die vroeë oggendure deur ʼn brand verwoes.
Stellenbosch-bylmoorde: Marli steeds nie met haar broer herenig
Slegs ʼn week nadat Marli van Breda (16), die meisie wat ʼn bylaanval op haar gesin oorleef het, uit ʼn rehabilitasiesentrum ontslaan is, het dit aan die lig gekom dat haar broer Henri (20) glo Klerksdorp toe is.
Pretoria-skoliere oorleef Nepal-aardbewing
ʼn Groep Suid-Afrikaanse skoolmeisies van Pretoria is deel van die oorlewendes van die kragtige aardbewing wat Nepal Saterdag getref het.
18 mense beseer op KZN-paaie
Agttien mense is Saterdag beseer in afsonderlike motorongelukke op KwaZulu-Natalse paaie.
Gedagte vir die dag: Maar God het ons innig lief
Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings saam met Christus le wend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Jesus Christus het Hy ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee. (Ef 2:4-6)