Hierdie video wys jou stap vir stap hoe om ʼn heerlike tuisgemaakte tamatiesous te maak.
Lees meerAlles vir Maandag 27 April 2015
‘Stropers’ vas danksy oplettende toeriste
Twee vermeende renosterstropers is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem danksy besoekers se oplettendheid.
Soen die boer, sing Malema
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Maandag die skare by ʼn Vryheidsdagbyeenkoms in Inanda, KwaZulu-Natal, gelei om “soen die boer” te sing.
ToekomsVenster: Die Heilige Gees vul ons
Een vraag bepaal ons lewe: is dit wat ons doen vir die Here aanvaarbaar (Efesiërs 5:10,17). Ons is onder nuwe bestuur. Ons lewe word beheer deur God self. Ons wil word vervang met Sy wil!
50 onwettige immigrante aangekeer
Die polisie en soldate het die afgelope naweek 50 onwettige immigrante in Johannesburg in hegtenis geneem.
Zuma veroordeel xenofobie in Vryheidsdagtoespraak
Pres. Jacob Zuma het Maandag by die Uniegebou in Pretoria onder andere die kwessie van xenofobie en onwettige immigrante aangeroer in sy toespraak om Vryheidsdag te vier.
14-jarige beseer tydens vuurwapenongeluk
ʼn 14-jarige tiener van Ladysmith in KwaZulu-Natal is in ʼn ernstige toestand nadat hy per ongeluk in die been geskiet is.
Geboue en motor tydens Noordwes-bendebakleiery afgebrand
ʼn Paar geboue en ʼn motor is Sondagmiddag in Noordwes aan die brand gesteek na ʼn bakleiery tussen ʼn taxivereniging en vermeende bendelede in Kanana.
Verdagtes vas oor renosterstropery, diamante
Twee vermeende renosterstropers is by die Groblersbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana in hegtenis geneem.
DNS verbind hom aan 37 verkragtings
ʼn 23-jarige man wat verlede jaar in Limpopo in hegtenis geneem is op aanklag van verkragting, se DNS verbind hom nou aan 37 verkragtings in die Bolobedu-gebied.
Minstens 10 SA’ners op Everest vasgekeer
Minstens 10 Suid-Afrikaners is tans op Everest vasgekeer na ʼn aardbewing naby Katmandoe in Nepal, wat sneeustortings op die berg veroorsaak het, het Netwerk24 Maandag berig.
Polisievrou in Butterworth aangeval
ʼn Vroulike polisiebeampte is in Butterworth aangeval en haar dienspistool is gesteel, het die polisie in die Oos-Kaap Sondag gesê.
Solidariteit hou krisisberaad
Die Solidariteit Beweging hou ‘n krisisberaad om indringend te besin oor die groeiende krisis in die land en om oplossings vir die uitwerking daarvan op die Afrikanergemeenskap te ontwikkel.
Ses vas wat glo wou steel
Ses persone is by Harmony se Kalgold-myn in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om te steel, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.
‘Polisiebeampte’ in hegtenis geneem
ʼn Man wat aanvoer dat hy ʼn polisiebeampte is, is Sondag deur die metropolisie in Johannesburg in hegtenis geneem.
Nuuskommentaar: Vryheidsdag: Was vryheid se prys te duur?
Vryheidsdag bied aan minderhede in Suid-Afrika, soos die Afrikaner, die geleentheid om te besin of hulle inderdaad ook in 1994 bevry is. Met al die water wat onder die brug deurgeloop het, is verwyte futiel, en is die tyd ryp om met meer nuanses na die werklikheid en die opsies te kyk.
Ses vas ná rooftog by klerewinkel
Ses verdagtes, tussen 24 en 31 jaar oud, sal Dinsdag in die Lichtenburg-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hulle glo ʼn klerewinkel in die dorp beroof het.
Gedagte vir die dag: Eenheid tussen gelowiges
Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. (Ef 4:1-3)