Die gebruiker People are Awesome laai gereeld kort videogrepe op YouTube van mense wat ongelooflike toertjies uitvoer. Hier is ʼn versameling van die beste video’s wat ontvang is.
Lees meerAlles vir Donderdag 30 April 2015
Eskom: Ooreenkomste vir munisipaliteite wat nie betaal nie
Eskom het betalingsooreenkomste gesluit met 10 van die 20 munisipaliteite wat agterstallige rekenings het.
Zuma moet antwoord ná uitlatings oor Jan van Riebeeck
Pres. Jacob Zuma moet teen 8 Mei reageer op klagte van haatspraak wat die Menseregtekommissie (MRK) teen hom ondersoek na sy uitlatings oor Jan van Riebeeck in Januarie vanjaar.
Man ernstig ná hy 8 meter ver val
ʼn 25-jarige man is in ʼn ernstige toestand nadat hy 8 meter ver in ʼn sloot op ʼn konstruksieperseel in Waterval naby Hillcrest, KwaZulu-Natal, geval het.
61 in hof oor xeno-geweld
Altesaam 61 verdagtes wat vroeër vandeesmaand in Kanana in Noordwes in hegtenis geneem is op aanklag van openbare geweld, is vrygelaat op borgtog.
Hier is SA se 10 top-landgoedere
Sewe van Suid-Afrika se top-landgoedere is in die Wes-Kaap.
Stapper inspireer duisende ná staptog teen plaasmoorde
Duncan Nyawo, wat teen plaasaanvalle en moord op polisielede gestap het, het Donderdagoggend by die Uniegebou opgedaag en ʼn memorandum aan ʼn verteenwoordiger van pres. Jaco Zuma se kantoor oorhandig.
ToekomsVenster: Hy maak ons seker van die toekoms
As daar een werk van die Heilige Gees is wat heeltemal onderskat word, is dit sy werk om ons van die toekoms seker te maak.
Zimbabwiërs moet glo opdok om na Malema te luister
Julius Malema, partyleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal glo volgende week Zimbabwe besoek om oor die onlangse xenofobiese geweld in Suid-Afrika te praat.
IS stel Irakse soldate tereg
Uit Bagdad word berig dat 180 Irakse soldate hulself oorgegee het aan die Islamiese Staat (IS) waarna hulle tereggestel is.
NVG gaan genadedood-uitspraak teenstaan
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê dat hy die hofuitspraak, wat ʼn terminaal-siek man die reg gee om met die hulp van ʼn dokter sy eie lewe te beëindig, sal teenstaan.
Slegs Engels in onderwysdepartement se voorgestelde taalbeleid
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die voorgestelde taalbeleid van haar departement bekend gemaak.
Afrikaans 90: Balans in Afrikaans
Evelyn D Ferreira verduidelik in dié rubriek waarom hy homself as ‘n Afrikaanse “wêreldburger” beskou.
Pta-skietdood: Só is verdagte vasgetrek – foto’s
Die ma van die verdagte wat in hegtenis geneem is vir die moord op Nicolene Schreuder (35), is glo saam met hom in hegtenis geneem nadat sy hom gehelp het om vir die polisie weg te kruip.
Jayde Panayiotou se man glo vas
Die polisie wou nie kommentaar lewer op berigte dat Jayde Panayiotou se man die tweede verdagte is wat in hegtenis geneem is in verband met haar ontvoering en moord nie.
Taalgebruik: half, halwe, helfte
Talle gebruikers van Afrikaans struikel soms met die gebruik van die woorde “half”, “halwe” en “helfte”. Taaltoffie stel ondersoek in.
Hof sê ja vir man se genadedood
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag ʼn man wat terminaal siek is die reg gegee om met behulp van ʼn dokter sy eie lewe te beëindig.
Bfn-leraar se seun sterf in fratsongeluk in VSA
Robert Terblanche (36), die seun van ds. Gert Terblanche van Bloemfontein, is Dinsdag in ʼn fratsongeluk op ʼn beesplaas in Amerika oorlede.
Jayde Panayiotou-moord: Verdagte in hof
ʼn 31-jarige man het Donderdagoggend in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn in verband met die ontvoering van en moord op Jayde Panayiotou.
Twee vas oor Jayde Panayiotou se moord
Die polisie het bekend gemaak dat twee verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering en moord op Jayde Panayiotou. Intussen word daar berig een van die verdagtes is glo ʼn familielid.