Besoekers sal binnekort nie meer ʼn verskoning hê om nie die Nasionale Dieretuin in Pretoria se groot katte te kan sien nie.
Alles vir Donderdag 30 April 2015
Video: Kinders en leuenverklikkers
Die bekende televisiepersoonlikheid, Jimmy Kimmel, se video waar hy ʼn kind met ʼn leuenverklikkertoets “vang”, word nou weer wyd op sosiale media versprei.
Nuuskommentaar: SA boer agteruit, sê indekse
Gister was ’n donker dag vir Suid-Afrika se beeld oorsee toe die land op twee onafhanklike indekse die kreeftegang gegaan het. Suid-Afrika het op ’n beleggersvertrouensindeks en ’n persvryheidsindeks agteruitgeboer.
Boek: Mara
Ná die verloop van interessante dog hartseer gebeure, leer Maria uiteindelik om haar babadogter Mara lief te kry. Sy leer ook in die proses om vrede te maak met God as barmhartige en liefdevolle Vader en nie die soort pa wat sy ken nie. Dis ’n verhaal van lief en leed en hoe die liefde triomfeer.
Meer as 100 vas ná polisieklopjag
Meer as 100 mense is Donderdag in hegtenis geneem tydens ʼn klopjag in die Thembelihle informele nedersetting in Lenasia buite Johannesburg.
Jayde Panayiotou: ‘Reuse-deurbraak’ gemaak
Die polisie het bekend gemaak dat hy ʼn “reuse-deurbraak” gemaak het in die ondersoek na die ontvoering en moord op Jayde Panayiotou, die onderwyseres van Port Elizabeth wat verlede Dinsdagoggend verdwyn het.
80-jarige dood gevind ná kaping
Die liggaam van ʼn 80-jarige man is vroeg Donderdagoggend in die kattebak van sy motor gevind nadat dit Woensdagaand gekaap is.
Man vas wat vrou glo by werksplek skiet
ʼn Man is Woensdagaand in hegtenis geneem vir die moord op Nicolene Schreuder (35), die vrou wat Woensdagoggend ten aanskoue van haar kollegas by haar werksplek in Pretoria doodgeskiet is.
Debat oor transformasie nodig, sê nuwe Maties-rektor
Die Universiteit Stellenbosch (US) moet ʼn plek wees waar mense openlik kan debatteer oor transformasie en ook welkom voel, het prof. Wim de Villiers Woensdag tydens sy inhuldiging as rektor en visekanselier gesê.
Premier se kantoor verdedig R8 m. se opknapping
Die premier van die Vrystaat, Ace Magashule, se kantoor het die nagenoeg R8 miljoen wat bestee is om sy gastehuis op te knap en ʼn swembad te bou, verdedig.
Drie in hof ná verkragting, moord op non
Drie verdagtes het Woensdag in die Ixopo-landdroshof verskyn in verband met die moord op Getrud Tiefeba, ʼn 86-jarige non wie se liggaam twee weke gelede in haar kamer aangetref is.
Gedagte vir die dag: ’n Bevoegde regter?
“Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het, eerste ’n klip op haar gooi.” Johannes 8:7