ʼn Naskok het Nepal Saterdagoggend omstreeks 11:30 in die episentrum van verlede Saterdag se aardbewing getref, ongeveer 100 km buite Katmandoe.
Lees meerAlles vir Saterdag 2 Mei 2015
Bank in Kaapstad beroof
Die Nedbank-tak in die Tuine-winkelsentrum in Kaapstad is Saterdag omstreeks 10:30 beroof.
Video: Mathys Roets durf die Swartbergpas aan
Ses jaar ná sy motorfietsongeluk is die sanger Mathys Roets nog steeds dieselfde avonturier.
Video: Sonkrag-batterye vir huise
Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla en tegnologie-entrepreneur, het die ontwikkeling van ʼn nuwe batterystelsel aangekondig wat sonkrag sal kan stoor om later te gebruik wat sal lei tot ʼn wyer gebruik van hernubare energiebronne.
Die nuwe koninklike baba is hier!
Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate, se dogtertjie is Saterdagoggend om 08:34 by St Mary’s-hospitaal in Engeland gebore.
Malema eis minimumloon van R4 500
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydag in ʼn toespraak in Port Elizabeth gesê werkers word steeds uitgebuit.
Sanger Fredi Nest ernstig siek
Die bekende sanger Fredi Nest is in ʼn baie ernstige toestand in ʼn hospitaal in Pretoria.
Ma reël ‘inhegtenisneming’ vir stout 10-jarige
ʼn Ma van Georgia in Amerika het drasties opgetree om haar 10-jarige seun se gedrag te verbeter.
Só oud lyk jy op foto’s
Het jy al ooit gewonder of ʼn rekenaar dink jy lyk 21 of 71 op foto’s? ʼn Nuwe webwerf vertel jou presies hoe oud jy op ʼn foto lyk!
‘Diamantsmokkelaars’ in Pretoria aangekeer
Die Valke het vyf verdagtes in Montana, Pretoria, in hegtenis geneem nadat hulle glo ongeslypte diamante verkoop het.
Foto’s: Drywende wrak ʼn gevaar vir vissermanne
Die Nasionale Seereddingsinstituut het Saterdag vissermanne en ander vaartuie by die Kaapse Skiereiland en aan die Valsbaai-kus gemaan om op die uitkyk te wees vir ʼn groot vaartuig wat omgeslaan het en nou in die omgewing dryf.
3 KZN-polisiebeamptes doodgeskiet
Drie polisiebeamptes is doodgeskiet waarvan twee in ‘n brandende motor gesterf het, terwyl hulle misdade in KwaZulu-Natal wou bestry.
Gedagte vir die dag: “Hoe kan ek dít doen, Here?”
Ek sê vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? (Matt 6:25)