ʼn Chinese konstruksiemaatskappy voer aan hy is die wêreld se vinnigste bouer nadat ʼn 57 verdieping hoë gebou binne 19 werksdae in sentraal China opgerig is.
Lees meerAlles vir Sondag 3 Mei 2015
Seldsame, dodelike siekte in Durban
Dr. Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het ouers gemaan om hul kinders in te ent in ʼn poging om die publiek se vrese aan te spreek oor ʼn seldsame en dodelike siekte reeds een kind se lewe geëis het.
Video: Handige mikrogolfoond-wenke
Het jy geweet jy kan repies spek in ʼn mikrogolfoond gaarmaak? Hierdie video bied vyf baie handige wenke vir ʼn mikrogolfoond.
Eskom moet verversingskontrakte verduidelik, vra DA
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê Eskom moet aan die parlement verduidelik waarom die organisasie, wat finansieel sukkel, ʼn fortuin spandeer aan kossubsidies vir sy personeellede.
Meer as 100 vas in KZN
Meer as 100 verdagtes is tydens ʼn groot misdaadbekampingsoperasie in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met verskeie oortredings.
Kar stamp vrou tydens padwedloop
ʼn 41-jarige vrou is Sondagoggend ernstig beseer toe ʼn motor haar tydens die Colgate-padwedloop in Boksburg, Gauteng, getref het.
Nepal-dodetal kan nog skerp styg
Duisende beseerde Nepalese wat vasgekeer is in afgeleë gedeeltes en kwesbaar is vir infeksie en komplikasies, kan moontlik tot ʼn skerp styging in die dodetal lei.
Goeie nuus: Houtbaai-inwoner red man van verdrinking
ʼn 25-jarige man is Saterdag in Houtbaai, Kaapstad van ʼn gewisse verdrinking gered danksy ʼn inwoner, Jannie Krynauw, se vinnige optrede.
Gewapende roof by KFC
ʼn Veiligheidswag en twee omstanders is Saterdagmiddag tydens ʼn gewapende roof by ʼn KFC in Newlands-Wes, KwaZulu-Natal, geskiet.
Mayweather steeds onoorwonne ná ‘boksgeveg van die eeu’
Floyd “Money” Mayweather Jr. het Manny “Pacman” Pacquiao Saterdagaand in Las Vegas, Amerika, geklop tydens ʼn boksgeveg wat as die “geveg van die eeu” beskryf word.
Foto’s: Só lyk die nuwe prinses
Die hertogin van Cambridge is reeds uit die St. Mary’s-hospitaal in Londen, Engeland ontslaan nadat haar en prins William se dogter Saterdagoggend gebore is.
Gedagte vir die dag: Omdat Hy leef
Moet julle nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie. (Matt 6:34)