Zonkie is ʼn driejarige kruising tussen ʼn sebra en ʼn donkie.
Lees meerAlles vir Saterdag 9 Mei 2015
Man, vrou sterf in botsing
ʼn Man en ʼn vrou is Saterdag dood in ʼn botsing tussen ʼn motorfiets en ʼn voertuig in Vereeniging.
Helen Zille se laaste toespraak
Helen Zille het Saterdag haar laaste toespraak as leier van die DA gelewer.
Video: ‘Dis nie ‘n doodsvonnis’
‘n Parkinson-lyer sê hy wil aan ander soos hy bewys dié siekte hoef nie ‘n doodsvonnis te wees nie.
Agri SA kap regering oor nuwe grondbesitplanne
Agri SA het gesê die regering se planne om grondbesit verder te beperk sal “rampspoedige gevolge vir die instandhouding van ʼn lewensvatbare en mededingende kommersiële landboubedryf inhou”.
Vier dood ná vliegtuig in VSA op hoofweg val
Vier mense is Vrydag dood nadat ʼn ligte vliegtuig op ʼn hoofweg naby Atlanta, Georgia, in die VSA neergestort het.
Fase 2-beurtkrag Saterdag ingestel
Eskom het aangekondig dat hy vanmiddag fase 2-beurtkrag gaan toepas voor daar weer vanaand fase 1-beurtkrag toegepas sal word.
Foto’s: Hoender op grond afgespoel; KFC reageer
Die kitskoskettinggroep KFC het reageer nadat foto’s op sosiale media versprei is wat wys hoe rou hoender op die vloer met water afgespuit word.
Só lyk Britse setelverdeling
Die Konserwatiewe Party het in die pas afgelope Britse algemene verkiesing ’n volstrekte meerderheid van 331 setels behaal, 28 setels meer as voor die verkiesing.
Video en foto’s: Studente betoog vir behoud van Puk
Studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het Vrydag aan ʼn “motorbetoging” deelgeneem waartydens hulle onder meer die behoud van die Puk-handelsmerk geëis het.
Minister skok met nuwe plan oor grondbesit
Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het Vrydag aangekondig dat die regering grondeienaarskap verder wil beperk en het gewaarsku dat die land ’n keuse waag tussen herverdeling en grondonteiening.
Metrobeampte vas ná hy glo dogter verkrag
ʼn Kaapse metropolisiebeampte het bedank nadat hy in hegtenis geneem is op aanklag dat hy sy dogter verkrag het.
Foto’s: Hier is die wenners van die 2015 ATKV-Mediaveertjies
Die ATKV-Mediaveertjies vereer jaarlikse presteerders in die Afrikaanse mediabedryf en dié toekenningsgeleentheid is gister by Vodacom World in Midrand gehou. Hier is die wenners.
DA hof toe om SAUK te dwing om kongres uit te saai
Die party het die hooggeregshof in Johannesburg op die vooraand van sy kongres genader nadat hy glo meegedeel is dat die SAUK sy besluit teruggetrek het om regstreekse dekking van die kongres te verskaf.
Beurtkrag Saterdag toegepas
Eskom het aangekondig dat daar Saterdag beurtkrag toegepas sal word.
Gedagte vir die dag: Die diepte van aanbidding
My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. (Matt 26:42)