Emile Cilliers (35), tans ʼn instrukteur in die Britse weermag, en wat in Suid-Afrika gebore is, is op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem nadat sy vrou se valskerm nie wou oopgaan nie.
Lees meerAlles vir Sondag 10 Mei 2015
Foto’s: Wonderwerke gebeur nog
Tobelani Mzamo (25) wat op 2 Mei danksy ʼn inwoner van Houtbaai se vinnige optrede van verdrinking gered is, het ten volle herstel en is terug by die werk.
Zuma ontken vergadering met Phiyega
Die presidensie het Sondag in ʼn verklaring ontken dat pres. Jacob Zuma en Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, vergader het.
Man brand self wat meisie laat doodbrand
ʼn Man van Bosbokrand in Mpumalanga word vir brandwonde in die hospitaal behandel nadat hy glo sy 23-jarige meisie aan die brand gesteek het.
DA se nuwe leiers aangekondig
Die DA se parlementêre leier, Mmusi Maimane, is Sondag tydens die DA se federale kongres in Port Elizabeth as federale leier van die party aangekondig.
Liggaam van kind in dam gevind
Ná ʼn week lange soektog na twee kinders wat in Hanoverpark en Kraaifontein in Kaapstad verdwyn het, is ʼn kind se liggaam op Nuutgewek-plaas se dam in Botfonteinweg in Kraaifontein opgespoor.
Naskokke duur voort in Nepal; dodetal bly styg
Drie naskokke het Sondag binne 12 ure in Nepal plaasgevind, 16 dae ná ʼn reuse-aardbewing die land getref het.
Familie rasend ná 24-jarige in Germiston verdwyn
Belinda Theunissen (24) van Dorandia in Pretoria is laas op 4 Mei in Primrose, Germiston gesien.
Vier dood in Switserland-skietery
Minstens vier persone is dood na ʼn skietery in die noorde van Switserland.
DA-stemme word getel
Die stemproses vir nuwe partyleierskap by die Demokratiese Alliansie se federale kongres in Port Elizabeth, is Sondagoggend omstreeks 08:30 afgehandel.
Man sterf wat glo polisiewapen by sokkerwedstryd wou steel
ʼn Toeskouer is Saterdagaand ná ʼn sokkerwedstryd in Port Elizabeth doodgeskiet toe hy glo ʼn polisiebeampte se pistool wou steel.
Seun sterf toe grafsteen op hom val
ʼn Vierjarige seun van Texas in Amerika is dood nadat ʼn grafsteen by ʼn begraafplaas op hom geval het.
Vierjarige verdrink in Jhb-swembad
ʼn Vierjarige seun het Saterdagmiddag in Kenilworth in Johannesburg verdrink.
Gedig: Die moeder
Elisabeth Eybers se gedig, “Die moeder” – spesiaal vir alle ma’s en hul kinders op Moedersdag
Koos Doep leef voort
Op 10 Mei vanjaar sou die legendariese Afrikaanse sanger en liedjiekrywer Koos du Plessis 70 jaar oud geword het.
Gedagte vir die dag: Geduld
Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. (Ef 4:1-2)