Nepal se departement van binnelandse sake het bevestig minstens 37 mense is dood ná Dinsdag se groot aardbewing in dié land.
Lees meerAlles vir Dinsdag 12 Mei 2015
Video: Verdeeldheid of gesonde leierskapstryd?
Politieke ontleders meen daar lê harde werk voor vir die nuwe leierskap van die DA – veral om kiesers te oortuig om hul kruisies langs dié party se naam te trek in aanstaande jaar se munisipale verkiesing.
Video: Orangoetang is nuwe baba-oppasser
Die Discovery Family-kanaal se video oor ʼn orangoetang wat baba-oppasser speel vir twee tiere, is dalk die oulikste ding wat jy vandag gaan kyk.
Tshwane kanselleer kontrak ná hy daagliks R5 miljoen betaal
Die Tshwane Metro het ʼn kontrak met die maatskappy PEU vir voorafbetaalde-elektrisiteitsmeters gekanselleer omdat dit die metro te veel geld kos en nog geen verskil gemaak het aan die munisipaliteit se vermoë om wanbetaling hok te slaan nie.
Kaapstad kap Sanral oor snelweg-uitlatings
Die stad Kaapstad het die Nasionale Padagentskap (Sanral) se uitlatings, dat die N1 en N2 in die stad “feitlik parkeergebiede” is tydens spitsverkeer, skerp veroordeel.
UJ tree op teen ‘rassistiese’ dosent
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Dinsdag bevestig dat een van sy dosente wat vermeende rassistiese inskrywings op haar Twitter-profiel gemaak het, hangende ʼn dissiplinêre ondersoek geskors is.
Motorfietsryer ernstig beseer in Margate-ongeluk
ʼn Motorfietsryer is Dinsdagmiddag ernstig beseer tydens ʼn ongeluk in Manabastrand in Margate, KwaZulu-Natal.
ToekomsVenster: ’n Gawe van God
Ons moet alles wat ons het as ’n gawe uit God se hand sien.
Vrou dood op Mango-vliegtuig
ʼn Vrou in haar vroeë 60’s is Dinsdagoggend in ʼn vliegtuig by die Kaapstadse Internasionale-lughawe dood.
Jong Oos-Kaapse paartjie saam vermoor
Die Oos-Kaapse polisie volg talle leidrade op nadat die liggame van ʼn jong paartjie, Jacqueline Miller (20) en Carl George (20), van Mthatha Sondag in ʼn dam buite die dorp gevind is.
Video: Dinosourusse neem Pretoria oor
Lewensgrootte dinosourusse wat brul en beweeg, het die hoofstad oorgeneem.
Van suksesvolle sakeman tot sanger
Wat motiveer ʼn suksesvolle sakeman om sy onderneming op 35-jarige ouderdom te verkoop om ʼn loopbaan in musiek na te jaag, veral nou wanneer dit moeilik gaan in die musiekbedryf?
Centurion-vrou ‘draai by dood om’ na spinnekopbyt
Die vrou van Centurion wat dodelik siek geword het nadat sy vermoedelik deur ʼn spinnekop gebyt is, sterk tans by die huis aan.
Video: ʼn Foto kan jou kind se lewe red
Volgens ʼn ma van Illinois in Amerika het ʼn skynsel op ʼn foto in haar tweejarige seuntjie se oog sy lewe gered.
Afrikaans 90: Goeie nuus vir Afrikaans
Afrikaans is ‘n taal met ‘n blink toekoms, skryf Japie Gouws van die ATKV.
Verdagtes erken hulle het non verkrag, vermoor
Die twee mans wat tereg staan vir die moord op en verkragting van ʼn 86-jarige non van KwaZulu-Natal, het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuld erken.
Pta-raaiseldood: Identikit uitgereik
Die polisie het ʼn identikit uitgereik van ʼn man wie se erg ontbinde liggaam verlede jaar in ʼn tas in Pretoria opgespoor is, maar krap steeds kop oor hoe die man dood is.
Uitdrukking: Watter fiasko!
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “fiasko”
‘Renosterstropers’ gewond in skietgevegte
Twee mans wat vermoedelik probeer het om renosters in die Krugerwildtuin te stroop, is tans in die hospitaal nadat hulle gewond is in ʼn skietery met wildbewaarders.
Kind (4) uitgeken wie se liggaam in dam gevind is
Die Wes-Kaapse polisie het Dinsdag bevestig dat die liggaam van ʼn kind wat die naweek in ʼn plaasdam naby Kraaifontein opgespoor is, dié van ʼn seuntjie is wat op 3 Mei vermis geraak het.