Daar is nog geen teken van die vermiste Malaysia Airlines-vlug MH370 nie, maar een van die bote wat aan die soektog daarna deelneem, het ’n skeepswrak op ’n diepte van sowat 4 km ontdek.
Alles vir Donderdag 14 Mei 2015
Luister: Geen vooropgestelde idees, geniet net die musiek – André Swiegers
As jy op soek is na ʼn musiekvertoning wat effens anders as die gewone is, is André Swiegers se vertoning by die Blou Hond-restaurantteater in Lynnwood, Pretoria, op Woensdag 27 Mei net die een vir jou.
Hemelvaartdag – 14 Mei
Hemelvaart is ’n dag wat die deur na die toekoms oopmaak, want ons word verseker dat ons nie soos weeskinders in hierdie wêreld agtergelaat is nie.
Pa, seun vas oor ‘polisievoertuig’, wapens
ʼn Pa en seun is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat polisie in Eldorado Park, suid van Johannesburg, ʼn motor met ʼn blou lig opgemerk en van die pad af getrek het.
Boer en seun op Bonnievale-plaas oorval
ʼn Boer van Bonnievale in die Wes-Kaap en sy 15-jarige seun is Dinsdag deur vyf mans in polisiedrag tydens ʼn plaasaanval aangehou.
Goeie nuus: ‘Grafsteenbrakkies’ ná twee uur lange poging gered
ʼn Diereliefhebber van Standerton het Dinsdag self moue opgerol om ʼn rondloperbrak se kroos te red nadat sy haar werpsel in ʼn vervalle graf in die dorp se Boere-oorlog-begraafplaas gekry het.
Resep: Pampoenkoekies in stroop
Tienie Scott van Polokwane (Pietersburg) sê haar Clement en Hennie het op ‘n dag hiervan by ‘n vriendin geëet. Dit was so lekker dat hulle nie uitgepraat kon raak daaroor nie. Sy moes eenvoudig die resep kry.
Kommer oor landbou as politieke speelbal in aanloop tot die plaaslike verkiesing in 2016
“Die vertrouensverhouding tussen boere en die regering moet aangespreek word”.
Die ATKV al 85 jaar lank deel van Afrikaans 90
Afrikaans is dalk nie die grootste taal in die wêreld nie, maar dit is beslis nie ʼn liggewigtaal nie. Daarvan getuig die negentig jaar se amptelike status. Die ATKV is trots daarop om al 85 jaar lank te kan deel in die nege dekades waarin Afrikaans vele hoogtepunte bereik het.
Taalgebruik: gewig
Gebruikers van Afrikaans struikel soms met die gebruik van verskillende terminologie wanneer daar na gewig of massa verwys word. Taaltoffie stel ondersoek in.
‘Vermiste’ Kempton-pa gevind
ʼn 27-jarige pa van Kempton Park aan die Oos-Rand wat sedert Vrydag vermis was, is Woensdagaand gevind.
Athlone-drama: ‘Kluisenaar was uiters intelligent’
Die 61-jarige man wat Woensdag selfmoord gepleeg het tydens ʼn beweerde “gyselaarsituasie” in Athlone buite Kaapstad was volgens bure bekend in die omgewing as “die honde-fluisteraar”.
Nuuskommentaar: Die Groot Leuen en burgerlike ongehoorsaamheid
Volgens ’n voormalige premier van Mpumalanga is dit in die haak vir politici om kluitjies te bak en dit lyk of sommige politici dit in oordaad doen. Die publiek reageer egter daarop in die vorm van burgerlike protes. Twee artikels, “Die Groot Leuen”, en “Disobey!” wat burgerlike gehoorsaamheid onder die loep neem, het pas verskyn. Maroela Media kyk dieper.
Man sterf ná trokke bots
ʼn Man is dood en vier ander beseer nadat ʼn vragmotor teen die agterkant van ʼn stilstaande vragmotor langs die N2-snelweg in KwaZulu-Natal gebots het.
Jayde se man vra vir borgtog
Christopher Panayiotou (28), die man van die vermoorde onderwyser van Port Elizabeth, Jayde, gaan aansoek doen om op borgtog vrygelaat te word.
Menslike oorskot in vlak graf gevind in Noordwes
Die polisie in Noordwes het gesê menslike oorskot, vermoedelik dié van ʼn vrou en ʼn kind, is in ʼn vlak graf gevind.
14-jarige skuldig aan verkragting
ʼn 14-jarige seun van Mpumalanga is skuldig bevind aan die verkragting van ʼn negejarige meisie in 2012.
Gedagte vir die dag: Nederigheid
So sê Hy wat hoog en verhewe is: Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges en Ek gee nuwe krag aan die verdruktes. (Jes 57:15)