Graffie, die rondloperbrak wie se werpsel kleintjies uit ʼn vervalle graf in Standerton gered is, het ʼn huis gekry nadat Maroela Media oor die reddingspoging berig het.
Alles vir Vrydag 15 Mei 2015
Stellenbosch-bylmoorde: Huis in mark
Die luukse huis in Stellenbosch waar drie lede van die Van Breda-gesin vroeër vanjaar met ʼn byl vermoor is, is te koop.
Nuuskommentaar: As jy ʼn volk wil oorwin …
Moet ʼn regering nie eers sy verbintenis tot die Grondwet staaf, soos met taalregte nie, voordat die publiek met werklikheidsvreemde voorgestelde wetgewing soos ’n spoedbeperking van 40 kilometer per uur versmoor word nie? Kan die diens nog terug in die staatsdiens gesit word?
Redakteursbrief: Hier om te bly
Susan Lombaard se redakteursbrief – spesiaal vir jou.
‘Bendeleier’ skuldig aan sewe moorde
George “Geweld” Thomas, die beweerde leier van die 28-bende, is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan sewe moorde.
Panayiotou glo genader om staatsgetuie te ‘verwyder’
Die Port Elizabeth-landdroshof het Donderdag tydens Christopher Panayiotou se borgtogaansoek gehoor hy is glo genader met ʼn aanbod om ʼn staatsgetuie te “verwyder”.
Curro-skool: ‘Daar was rassesegregasie’
Die Gautengse departement van onderwys het gesê ʼn ondersoek het bevind daar was rassesegregasie by die Curro Roodeplaat Privaatskool in Pretoria.
Gedagte vir die dag: Ons is nie alleen nie
En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matt 28:20)