ʼn Duitse houtwerker het 12 jaar geneem om ʼn replika van sy geliefde Yamaha-motorfiets te bou sodat hy dit in die sitkamer kon hou, sonder klagtes van sy vrou.
Lees meerAlles vir Saterdag 16 Mei 2015
Agtjarige beseer in Moreletapark-ongeluk
ʼn Agtjarige seuntjie is Saterdag omstreeks 11:50 in De Villebois Mareuil-rylaan in Moreletapark in Pretoria beseer in ʼn fietsryongeluk.
Raaisel oor sportminister se Las Vegas-reis verdiep
Fikile Mbalula, minister van sport, is glo in ʼn leuen betrap oor sy terugkeerdatum van Las Vegas waar hy die bokswedstryd tussen Floyd “Money Mayweather en Manny “Pacman” Pacquaio bygewoon het, het Netwerk24 Saterdag berig.
Dringende soektog na maanhaarjakkalsies
Die FreeMe-rehabilitasiesentrum is dringend op soek na ʼn groep maanhaarjakkalskleintjies nadat hul ma Vrydagaand op die N10, ongeveer 30 km buite Cradock, in die Oos-Kaap doodgery is.
‘Kaper’ beseer tydens skietery met polisie
ʼn Vermeende kaper is Saterdagoggend in die vroeë oggendure tydens ʼn skietery met die Johannesburgse metropolisie in Orlando, Soweto, beseer.
Egipte se voormalige leier ter dood veroordeel
Mohammed Morsi, die ontsette president van Egipte, is in ʼn hof in dié land tot doodstraf gevonnis ná ʼn tronk-ontsnapping in 2011.
Ontmoet die eerste warmbloedige diepseevis…
Onlangse navorsing op ’n diepseevis het aan die lig gebring dat dié vis so ver bekend die enigste warmbloedige vis is.
Internet gaande oor SA oupa wat baba troos
ʼn Foto van Sydney Engelberg (67), oorspronklik van Suid-Afrika, wat ʼn student se baba tydens ʼn klas troos, word wyd op sosiale media versprei.
Kommersiële vlugte tussen Wonderboom en Kaapstad
Reisigers van Pretoria wat graag na Kaapstad wil vlieg, sal binnekort ʼn alternatief tot OR Tambo Internasionale Lughawe en Lanseria-lughawe hê.
Akasia-motorfietsongeluk eis 2
Twee mense is Vrydagaand in Akasia, in die noorde van Pretoria oorlede in ʼn motorfietsongeluk.
Britse voortvlugtige in SA aangekeer
Raymond Andrew Nevitt (51), ʼn voortvlugtige van die Verenigde Koninkryk, het Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn nadat hy in Kaapstad aangekeer is.
Kans vir algehele verdonkering glo laer as 10 jaar gelede
Eskom het Vrydag gesê die kans vir ʼn algehele verdonkering is laer as 10 jaar gelede.
Man skok op spoorlyn
ʼn Man is in ʼn ernstige toestand nadat hy Vrydag op die spoorlyn naby CB Downsweg in Kwandeni, Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal geskok het.
Gedagte vir die dag: Die regte dinge
Vertrou op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. (Ps 37:3-4)